Hy Is Gretig om Ons te Help

David Wilkerson (1931-2011)

Glo jy God is gewillig om gou te kom om jou probleme op te los?

Dit is hier waar baie Christene faal. Hulle weet God het alles wat hulle nodig het. Hulle erken Hy gee om, maar is nie oortuig dat Hy gewillig is om gou te kom om hulle te help nie. As Hy nie dadelik antwoord nie, dink hulle dis hindernisse en blokkasies binne-in hulleself. Hulle dink aan allerhande redes waarom die Here hulle nie wil kom help nie.

Op die berg Karmel, het Elia die heidense afgod Baäl van kinderverwaarlosing beskuldig: Hulle het “die naam van Baäl van die môre tot die middag aangeroep en gesê: O Baäl, gee ons antwoord! Maar daar was geen stem en niemand wat antwoord nie” (1 Konings 18:26, AFR53).

“En toe die middag was, het Elia met hulle gespot en gesê: Roep hard; hy is mos ‘n god! Hy is seker in gepeins, of hy het hom seker afgesonder, of hy is seker op reis; miskien slaap hy en moet wakker word. En hulle het hard geroep en hulleself volgens hul gebruik met swaarde en spiese stukkend gekerwe tot die bloed op hulle uitgespuit het...maar daar was geen stem en niemand wat antwoord nie, en geen opmerksaamheid nie” (1 Konings 18:27-29).

Hoor weer hierdie woorde: “Daar was geen stem en niemand wat antwoord nie, en geen opmerksaamheid nie”

Dit is presies hoe ek en jy God van kinderverwaarlosing beskuldig! Ons bid en roep uit tot God, maar ons gaan voort aan en glo nie Hy het ons gehoor nie. Ons verlaat die Here se teenwoordigheid en wonder of Hy ooit ag gee.

Die Here is altyd gereed om te hoor en verhoor ons hulpgeroep. Ek hou van wat Dawid van Hom gesê het. “Want U, o Here, is goed en vergewensgesindheid en groot van goedertierenheid vir almal wat U aanroep...In die dag van my benoudheid roep ek U aan, want U verhoor my” (Psalm 86:5,7).

Dawid het eintlik gesê: “My God is gereed en gewillig om my op die oomblik wat ek roep, te antwoord. Ek stop nie en bedink my swaarkry of treur daaroor of probeer dit uitpluis nie. Ek gaan na my Here en roep: ‘Help!’”

Dit is alles God wat vir jou wag, vir jou roepstem uit ‘n gebroke hart met kinderlike geloof!