Is Jy Gereed om die Stryd te Voer?

Gary Wilkerson

Moenie vir gedeeltelike oorwinnings skik net omdat jy moeg, gefrustreerd of hulpeloos voel nie. God stop nooit by ‘n halwe oorwinning nie. Die oomblik wat sy so moeg voel dat jy nie nog een tree kan gee nie, is dikwels die oomblik wanneer Hy op die punt is om jou die grootste oorwinning en deurbraak te gee.

Die kerk is nie bedoel om te bestaan uit massas en skares wat vertroosting, plesier en alles op ‘n silwer skinkbord gegee word nie. Die kerk is bedoel om vol krygsmanne te wees wat sê: “God weet dit gaan ‘n stryd wees. Ek weet dit gaan uitputtend wees en sal selfs trane laat vloei; maar, God, ek is saam met U in hierdie stryd!”

Jy mag voel asof jy die laaste gebed gebid het wat jy ooit sal kan bid oor die nood wat druk. Jy is uitgeput, maar jy moet in die stryd bly. Moenie ophou bid nie en moenie moed verloor nie. Ja, it was ‘n lang dag! Die nag kom en innerlik sê jy: “Dit is tyd vir my om te gaan slaap”. In plaas daarvan sê God: “Nee, nee, die stryd begin nou eers”.

Wat het geword van die deurnag bidure in kerke? Wat het geword van mense wat op God wag? Wat het geword van mense wat vas en bid vir ‘n deurbraak?

Die kerk is geroep vir die stryd. Dit is nie gestig om net goeie dienste en ‘n mooi gebou te hê met ligte wat aan en af gaan wanneer die musiek speel nie. Dit is nie hoekom ons hier is nie. Ons is hier om te stry teen die poorte van die hel omdat ons die belofte het dat die hel nie sal oorwin nie (sien Matthéüs 16:18). Ons het nie ‘n belofte dat dit nie uitputtend sal wees of dat al wat ons sal moet doen, is om te fluister en die poorte van die hel sal nie oorwin nie. Nee, daar sal ‘n stryd wees en Satan sal nie maklik oorgee nie, maar ons het ‘n belofte.