Jy het die Heilige Gees Nodig

David Wilkerson (1931-2011)

Sommige gelowiges is al vir baie jare lank gered, sommiges miskien ‘n jaar, en sommiges net ‘n paar maande of weke. Om gered te wees van sonde is wonderlik!

Om ‘n goeie soldaat in diens van ons Here Jesus Christus te wees, is dit egter nie genoeg om gered te word nie. Jy moet gedoop word met die Heilige Gees.

In Paulus se tyd, het party gelowiges nie eers geweet dat daar ‘n Heilige Gees was nie. Hy het “hulle gevra: Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het? En hulle antwoord hom: Ons het nie eens gehoor dat daar ‘n Heilige Gees is nie” (Acts 19:2, NKJV). Hierdie mense was gered, maar dit is duidelik dat hulle nie gevul of gedoop was met die Heilige Gees nie.

Jesus self het nie sy dissipels en volgelinge in die wêreld ingestuur voor hulle gedoop was met die Heilige Gees nie. Sy dissipels het sekerlik rein harte gehad, Hulle het geloof gehad om die siekes te genees, om duiwels uit te dryf. Hulle het die Woord van die Here gehad en het Christus reeds verkondig en bekeerlinge gemaak. Hulle was getuies van sy opstanding. Wat meer kon daar wees. Hulle was gewillig om vir Jesus te sterf. Was hulle liefde vir Hom nie genoeg om hulle in die wêreld in te stuur om sy werk te doen nie?

Geliefdes, niks daarvan was genoeg nie. Dit is duidelik dat daar meer was. Christus het vir hulle gesê: “Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaria en tot aan die uiterste van die aarde” (Handelinge 1:8).

Jy moet weet dat die Gees steeds doop, steeds op gelowiges val. Petrus het vir die vroeë kerk gesê: “Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep” (Handelinge 2:38–39).

Die doping is veral vir diegene wat in die laaste dae leef. “In in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom” (Handelinge 2:17–18). Ons is almal geroep om getuies te wees wat vol van die Heilige Gees en krag is!