Die Here se Gedagtes en Wil Ken

David Wilkerson (1931-2011)

“HERE, U het die begeerte van die ootmoediges gehoor; U sal hulle hart versterk, u oor sal luister” (Psalm 10:17, AFR53).

In hierdie vers, beskryf Dawid in hooftrekke ‘n eenvoudige drie-stap plan om die Here se gedagtes en wil vir jou lewe te ken.

1.         Vra hom (bid)

2.         Berei jou hart voor om sy stem te hoor

3.         Hy sal jou laat hoor (die Heilige Gees sal met jou praat)

Binnekort sal God die grootste mate van sy Gees uitstort wat die wêreld nog ooit gesien het. Heilige Gees oortuiging van sonde sal oor jou bure, kollegas en ongeredde familielede kom. Daar sal oral mense wees wat ly. Hulle sal hul dooie kerke verlaat en desperaat soek na iemand wat God ken.

God sal gewone diensknegte gebruik vir sy eindtydse werk van persoon-tot-persoon bediening. Berei jy jou hart nou voor vir sy werk wat gedoen kan word, beide in jou en deur jou?

Ek moedig jou aan om elke dag ernstig te bid en God se Woord te bestudeer. Daar is revolusionêre krag in die voorbereiding van jou hart. Dit is deur hierdie voorbereiding dat jy sin en vervulling in jou lewe sal vind. Jou gevoelens en temperament sal verander en krag sal in jou vrygestel word. Wanneer God sien jy is gereed, sal Hy vir jou baie geleenthede bied om sy werk te doen. Jy sal nie eers jou huis hoef te verlaat nie; God sal die behoeftes tot by jou deur bring! 

Die magtige God wat ons dien, berei sy volk voor vir sy grootste werk. “Die HERE sal uittrek soos 'n held; Hy sal sy ywer opwek soos 'n krygsman. Hy sal die strydkreet aanhef, ja uitskreeu; teen sy vyande Hom as held openbaar” (Jesaja 42:13). Berei jou hart voor om Hom te ontmoet! Word 'n dienskneg wat gereed is, toegerus en voorbereid vir sy finale uitstorting en sy heerlikheid sal in jou lewend word.