Nie Gereed om te Veg Nie

David Wilkerson (1931-2011)

Veronderstel ‘n boksafrigter het sy bokser na ‘n afgesonderde kamp geneem en die hele oefeningsessie gebruik om hom sielkundig te motiveer vir die groot geveg. Hy sê: “Ek sal by jou wees in die ring; Ek sal nooit jou sy verlaat nie. Hier is ‘n lys van groot boksers van die verlede, so bestudeer al hulle bewegings. Jy hoef nie te sweet en moeilike oefeninge te doen nie. Ek het vir jou gesê dat jy ‘n wenner is, en my woord is al wat jy nodig het. Hier is ‘n paar diagramme oor hoe om Monster Man te verslaan wanneer jy saam met hom in die ring klim.”

Wat vir ‘n soort afrigter is hy? Absoluut dwaas!  Wat sou ‘n goeie afrigter regtig doen? Hy sou die beste bokser wat hy kon kry gaan haal, hierdie man saam met hom in die ring laat klim en hulle laat boks.

Hoeveel Christene noem hulleself krygers sonder dat hulle ooit beproef of opgelei was? Ons het al soveel keer gehoor van die baie gebedskrygers in hierdie land. Dit egter hartseer dat die grootste meerderheid van hulle nooit eers in ‘n stryd was nie. Hulle is nie opgelei nie en ook nie gereed om te veg nie.

Onlangs, het ek die Here gevra waarom soveel gelowiges deur sulke swaar, moeilike tye gaan. “Waarom soveel lyding?” het ek gevra, “Waarom word so baie beproef tot by hulle perke?”

God weet dat Satan op aarde losgelaat word vir sy laaste uur van oorlogvoering. Die Here gaan goed opgeleide krygers nodig hê wat sal heers oor al die magte van die hel. Op hierdie oomblik, doen Hy ‘n haastige werk in sy kinders: krisisopleiding!

Hierdie ernstig beproefde heiliges – mense wat met God geworstel het – word die kapteins van die laaste dae se leërmag. Hoe meer hulle gely en hoe erger die beproewing, hoe groter is die werk wat Hy vir hulle het om te doen.

Hierdie tipe oproepe tot opleiding verg fisiese, sowel as geestelike dissipline. Jakob het sy hele liggaam in die stryd gewerp. ‘n Veggees het in hom opgestaan en die Skrif sê: “In sy manlike krag het hy met God geworstel” (Hoséa 12:4 AFR53). Die verse het groot betekenis vir almal wat magtig in gebed wil wees. Dit sê: Jakob het die stryd gewen “in sy krag”. Geliefde, as jy in hierdie laaste dae gaan oorwin, sal jy jou hele liggaam en al jou krag in die stryd moet werp!