Nuuskierigheid is die Kuur vir Sinisme

Gary Wilkerson

In haar boek Team of Rivals: The Political Genius of Abraham Lincoln, beskryf die Amerikaanse historikus, Doris Kearns Goodwin, Lincoln se gawe om teenoorgesteldes bymekaar uit te bring. Sy sê Lincoln het 'n “reeks persoonlike eienskappe besit wat hom in staat gestel het om vriendskappe te vorm met mense wat hom voorheen teëgestaan het; om seergemaakte gevoelens te herstel...om verantwoordelikheid te aanvaar vir die mislukkings van ondergeskiktes; om lof met gemak uit te deel en om uit foute te leer”.
 
Lincoln se Burgeroorlog-kabinet was soortgelyk aan groepe mense oral: gesinne, kerke, direksies, werkplekke, juries, woonbuurte. Hulle bevat almal 'n verskeidenheid mense wat dieselfde doelwit het, maar op verskillende maniere daar wil uitkom. In Lincoln se geval, was dit wat op die spel was baie groot – die lot van die Unie het in die weegskaal gehang – maar die groepdinamika was soos alle ander. Sy briljantheid het gelê in sy voorneme om sy span te respekteer, by hulle te leer en die sending te vereer deur al hul talente te gebruik. 
 
Kan jy aan 'n keer dink toe jy vasbeslote was om 'n taak op 'n sekere manier te verrig, maar met iemand moes saamwerk wat net so vasbeslote was om dit op ‘n ander manier te doen? Ek kan; dit het al meer kere gebeur as wat ek kan tel. Hoe het jy gemeenskaplike grond gevind? As jy soos ek is, was daar tye wat jy gesukkel het om ander se standpunte enigsins waardevol te vind. 
 
Paulus het dit ook beleef en hy het dit dikwels in sy briewe aangespreek. In Filippense daag hy ons uit om die doel te ken, maar om te leer hoe om ons verskille ons kollektiewe sterkte te laat word. 
 
“As daar enige troos in Christus is, as daar enige vertroosting van die liefde, as enige gemeenskap van die Gees, as daar enige innigheid tederheid en ontferming is, maak dan my blydskap volkome deur eensgesind te wees en dieselfde liefde te hê, een van siel, een van sin. Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s’n. Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was” (Filippense 2:1-5, AFR53). 
 
Hoekom "moet die een die ander hoër ag as homself"? Omdat dit 'n geestelike verbinding is wat struikelblokke afbreek en mense bymekaar uitbring. Dit help ons om buite die boks te dink soos Jesus gedoen het. Wanneer ons die gedagtes van Christus inbring in alles wat ons doen, word die werk makliker, die vrag ligter en leer ons dalk net iets in die proses.