Om ‘n 5,000 Dollar Lewe te Leef

Tim Dilena

Eendag terwyl ons in Detroit gebly het, het ons ‘n klop aan die deur gerky. Dit was rolprentmakers vir S.W.A.T. II, en hulle het vir ons gesê: “Ons wil graag jou huis in die toneel hê. Die akteurs wat voorgee om die ‘eienaars’ van jou huis te wees, sal buite op die sypaadjie staan. Niemand sal jou huis binnegaan of enigiets nie. Maar ons sal jou graag daarvoor wil betaal.”

Ek het gesê: “Dit is wonderlik! Sekerlik!”

Toe het hulle al die papierwerk gebring en vir my 50 dollars gegee. Ek het ‘n tjek vir 50 grotes gekry met S.W.A.T II Firestorm daarop gedruk. Hulle het vir my gesê: “Jy is welkom om uit te kom en te kyk.”

Terwyl ek daar buite saam met van die ouens was, het ek hulle gevra: “Julle het my gevra of dit reg was om my huis in hierdie film te gebruik op dieselfde oggend wat julle skiet. Wat sou julle gedoen het as ek nee gesê het?”

Hy sê: “Wel, dan sou ons onderhandel het. Soms sal ons tussen 4000 of 5000 om iemand se huis te verfilm.”

Ek loop rond met ‘n $50 tjek wat $5000 kon gewees het. Dit het nie regtig om die geld gegaan nie, maar ek het aanhou dink aan hoeveel keer ons onsself onderskat en ‘n 50-dollar bestaan leef wanneer God soveel meer het vir ons. Ons stop met net ‘n “Haai, ek het die werk gekry. Ek gaan my rekeninge betaal.” Doen jy net ‘n werk, of word jy betaal vir jou passie?

Diegene wat wakker word en opgewonde is, het hulle gawe ontdek en wandel daarin. Hulle weier om die $50 dollar tjek te aanvaar. Hulle leef hierdie vers uit: “En ná 'n lang tyd het die heer van daardie diensknegte gekom en met hulle afgereken. En die een wat die vyf talente ontvang het, kom en bring vyf ander talente en sê: Meneer, vyf talente het u aan my toevertrou; hier het ek vyf ander talente daarby verdien. En sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer” (Matthéüs 25:19-21, AFR53).

As jy daardie soort mens wil wees, is daar ‘n paar dinge wat ons moet doen.

  • • Wees die beste, mees vertrouenswaardige persoon by jou werk. Gaan bo en behalwe!

  • • Leer geestelike dissiplines terwyl jy in die werkplek is.

  • • Gee aandag aan die areas waaroor God jou hart breek.

  • • Verlaat altyd ‘n plek goed en met integriteit.

Nadat hy ‘n middestad gemeente in Detroit vir dertig jaar lank bedien het, het Pastoor Tim vir vyf jaar by Brooklyn Tabernacle in New York Stad en vir vyf jaar in Lafayette, Louisiana bedien. Hy het Senior Pastoor van Times Square Kerk geword in Mei 2020.