Om Ons Groot Afgod te Onttroon

David Wilkerson (1931-2011)

Die kerk soos ons dit vandag ken, het met bekering begin. Toe Petrus die kruis verkondig het by Pinster, het duisende hulle tot Christus bekeer. Hierdie nuwe kerk het bestaan uit een liggaam, uit alle rasse, vol liefde vir mekaar. Die korporatiewe lewe was gekenmerk deur evangelisasie, ‘n gees van opoffering en selfs martelaarskap.

Die wonderlike begin weerspieël God se woord rakende Israel: “Ek het jou geplant as ‘n edele wingerdstok, as heeltemal egte saad.” Die res van daardie vers beskryf wat dikwels gebeur met sulke werke. “Maar hoe is jy vir My verander in wilde lote van ‘n vreemde wingerdstok!” (Jeremia 2:21, AFR53). God het in wese gesê: “Ek het jou reg geplant. Jy was myne en het my Naam en natuur gedra, maar nou het jy ontaard.”

Wat het hierdie ontaarding in die kerk veroorsaak? Dit was nog altyd en sal altyd afgodery wees. God praat van afgodery as Hy vir Jeremia sê: “Of ‘n nasie sy gode verruil—wat nie eers gode is nie. Maar my volk het sy heerlikheid verruil vir wat geen voordeel bring nie” (Jeremia 2:11).

Die meeste Christene identifiseer ‘n afgod as enigiets  wat tussen God se kinders en Homself kom, maar dit is egter slegs ‘n gedeetelike beskrywing van afgodery. Afgodery het te doen met ‘n baie dieper hartsaak. Die nommer een afgod onder God se kinders is nie afgodery, pornografie of alkohol nie. Dit is ‘n baie sterker begeerte.

Wat is die afgod? Dit is ‘n drywende ambisie vir sukses. Dit het selfs ‘n leerstelling om dit te regverdig. ‘n Man van die wêreld het eenkeer gesê: “Hy wat met die meeste speelgoed sterf, wen.”

Dit is tragies dat Christene ook in hierdie strewe vasgevang word. Hoe ver het ons afgedwaal van die evangelie van lewe, die sterf van self, ego en wêreldse ambisie. Die afgodery van suksesvol wees beskryf talle in die huis van God vandag. Hierdie mense is opreg, sedelik rein, volk goeie werke; maar hulle het ‘n afgod van ambisie in hulle harte opgerig en hulle kan nie oortuig word om dit te los nie.

God hou daarvan om sy kinders te seën. Hy wil hê sy kinders moet sukses hê met alles wat hulle eerlik onderneem, maar daar is nou ‘n siedende gees in die land wat menigtes oorneem: dit is die gees van liefde vir erkenning en die aanskaf van goedere.