Ons Hoë Priester

David Wilkerson (1931-2011)

In die Ou Testament, het die hoëpriester die Allerheiligste binnegegaan om versoening te doen. Hierdie daad was bedoel om al die mense se sondes uit te wis, sodat hulle versoen kon word en weer gemeenskap met die hemelse Vader kon hê.

Die priester sou ‘n handvol wierook, ‘n pan brandende kole van die vuur van die altaar en ‘n houer met bloed van ‘n geslagte os in die Allerheiligste ingeneem. Binne-in die Allerheiligste was daar ‘n ark met die versoendeksel waarop God “gesit” het. Dit was Sy teenwoordigheid.

Nadat die hoëpriester homself tydens ‘n breedvoerige seremonie gereinig het, het die hoëpriester die Allerheiligste binnegegaan met groot eerbied en vrees. Hy het die wierook in die vuur gegooi, wat veroorsaak het dat ‘n aroma en rook opgestyg het. Dit verteenwoordig die gebede van Christus wat vir Sy mense intree. Daarna het die priester sy vinger in die bloed gedoop en dit sewe keer op die versoendeksel gesprinkel:

“En Hy moet van die bloed van die bul neem en dit met sy vinger op die versoendeksel aan die oostekant sprinkel; en voor die versoendeksel moet hy sewe maal met sy vinger van die bloed sprinkel” (Levitikus 16:14, AFR53).

Wanneer die bloed gesprinkel was op God se versoendeksel, was versoening van alle sondes gedoen en alle vorige sondes bedek. Wanneer die hoëpriester uitgekom het, het die mense geweet God het die offer aanvaar en hulle sondes was vergewe. Israel het nooit daaraan getwyfel nie!

Geliefde, ons het ook ‘n hoëpriester: Jesus, ons Here, ons Hoëpriester vir ewig. Jesus het Sy eie bloed geneem na die ware versoendeksel in God se teenwoordigheid, die Allerheiligste, en dit vir die vergifnis van alle sondes van alle gelowiges aangebied, vir altyd.

Die Skrif sê van hierdie daad: “Ook nie met die bloed van bokke en kalwers nie, maar met sy eie bloed, een maal ingegaan in die heiligdom en ‘n ewige verlossing teweeggebring” (Hebreërs 9:12).

Jesus het Sy eie bloed in die hemel ingeneem vir ons en dit is nie bloot gebêre as ‘n gedenkteken nie. Dit moet gesprinkel word op almal wat deur geloof na Hom kom.