Ons Middelaar na die Vader
Om die krag wat in Christus se Naam is op te eis, is nie een of ander gekompliseerde, verborge teologiese waarheid nie. Daar is boeke in my biblioteek wat slegs oor Jesus se Naam handel. Die outeurs het dit geskryf om gelowiges te help om die diepgaande implikasies wat in Christus se Naam verborge is, te verstaan, maar meeste van hierdie boeke is so “diep” dat die lesers dit nie verstaan nie.
Ek glo die waarheid wat ons veronderstel is om te weet oor Jesus se Naam, eenvoudig genoeg is dat ‘n kind dit kan verstaan. As ons ons versoeke in Jesus se Naam rig, moet ons volkome oortuig wees dat dit dieselfde is asof Jesus self die Vader vra.
Hoe kan dit waar wees? Laat my verduidelik.
Ons weet dat God sy Seun liefgehad het. Hy het met Jesus gepraat en Hom geleer tydens sy tyd op aarde. God het nie net elke versoek wat sy Seun gerig het, gehoor nie, maar dit verhoor. Jesus het daarvan getuig en gesê: “Vader, Ek dank U dat U My verhoor het; en Ek het geweet dat U My altyd verhoor” (Johannes 11:41-42, AFR53). Kortom, die Vader het nooit sy Seun enige versoek geweier nie.
Vandag, is almal wat in Jesus glo, met sy kindskap beklee. Die hemelse Vader ontvang ons net so intiem as wat Hy sy eie Seun ontvang het. Waarom? Dit is weens ons geestelike eenheid met Christus. Deur sy kruisiging en opstanding, het Jesus ons een in die Vader gemaak. “Dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U, dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het” (Johannes 17:21).
Eenvoudig gestel, ons is nou familie, een met die Vader en een met die Seun. Ons is aangeneem met die volle erfenisreg wat enige kind het. Dit beteken dat al die krag en bronne van die hemel vir ons beskikbaar gemaak word deur Christus.
Om “in die Naam van Jesus” te bid, is nie ‘n formule nie. Dit is nie die frase wat krag in het bloot om dit te spreek nie. Die krag is daarin om te glo dat Jesus ons saak opneem en dit na die Vader neem op sy eie verdienste. Hy is ons Middelaar; Hy rig namens ons die versoek. Die krag is daarin om te glo dat God nooit sy eie Seun verloën nie en dat ons die begunstigdes van die Vader se uiterste getrouheid aan sy Seun is.