Ons Uitnodiging na die Bruilof

Joshua West

Ons lewens is deesdae so besig dat dit nie ongewoon is dat ons dinge dink soos "O, ons het nie na Jim se troue toe gegaan nie. Hoe jammer. Ons sal vir hulle ’n geskenkbewys stuur”. In die Bybelse tyd het dit baie beteken om na 'n bruilof genooi te word. As jy egter na die bruilof van ‘n vooraanstaande genooi is en dit misgeloop het, was dit baie skandalig. 

Met daardie begrip, kom ons kyk met nuwe oë na 'n Bybelse verhaal. “En Jesus het weer deur gelykenisse met hulle begin spreek en gesê: Die koninkryk van die hemele is soos 'n koning wat ‘n bruilof vir sy seun berei het en sy diensknegte uitgestuur het om die genooides na die bruilof te roep, en hulle wou nie kom nie... Daarop sê hy vir sy diensknegte: Die bruilofsfees is wel gereed, maar die genooides was dit nie werd nie. Gaan dan op die kruispaaie en nooi almal wat julle mag vind, na die bruilof’” (Matthéüs 22:1-3, 8-9, AFR53).

Hierdie gewone mense was besig om die vreugde van die koning vir sy seun te minimaliseer, en dit was ontsettend skandelik. Die taal hier is baie soortgelyk aan wanneer Jesus mense genooi het om Hom te volg, en hulle het verskonings gegee soos "O, ek moet my pa begrawe" of "Laat ek eers dinge regmaak by my huis" (sien Lukas 9:59-61). Jesus se antwoord is “Niemand wat sy hand aan die ploeg slaan en agtertoe kyk, is geskik vir die koninkryk van God nie” (Lukas 9:62).

Jesus se reaksie op hierdie mense mag dalk hard lyk as ons nie verstaan dat dit 'n uitnodiging na die bruilofsfees van God was nie, en niks kan belangriker wees as daardie koninklike uitnodiging na God se koninkryk nie.

Almal word binne genooi, maar ons word nie op ons eie voorwaardes toegelaat nie. Die meeste mense, selfs in hierdie tyd, sal ontsteld wees as iemand vir die bruid en bruidegom skryf om hulle te vra of hulle hul bruilof na 'n meer gerieflike plek of datum te skuif. Net so kry ons dit nie met God te doen nie. Hy bepaal die plek, die tyd, die uitnodigingslys en die kleredragkode. Dit is ons eer om sy uitnodiging te aanvaar. Kom ons laat geen verskoning in die pad staan nie!

 
Child smiling - More Hope in 2025

You Can Bring Real Hope

 

In 2024 millions have been ministered to online. Thousands of disciples have been made. Hundreds of churches have been planted. Dozens of communities have been transformed both spiritually and physically. This is the power of the gospel at work through your financial partnership with World Challenge.