Oorwin Kwaad met Goed

John Bailey

Hoe hegter die verhouding, hoe belangriker word jou getuienis. Wat ek hier met getuienis bedoel, is nie jou bekeringsverhaal nie; dit is die manier waarop jy jou lewe leef.

Sou ek die evangelie met iemand by 'n vulstasie deel, sou daar te min tyd wees om te verduidelik hoe ek leef op 'n manier wat ooreenstem met wat God in die Bybel beveel en dat ek integriteit by die werk en in my huis het. Hoe hegter die verbintenis is wat jy egter met 'n persoon het, hoe belangriker is dit dat Christus deur jou lewe leef eerder as net deur jou woorde. Dit word so belangrik om te onthou wanneer ons kuier by vriende en familie wat God nie ken nie, maar ons baie goed ken. Hulle het jare gehad om op te let hoe ons reageer op klein ongerieflikhede soos iemand wat ons motor met 'n inkopiemandjie stamp of as ons groot verliese ly soos 'n geliefde wat skielik sterf.

Hoe leef ons voor mense wie se siening van God dalk hulle siening van ons is?

As 'n pastoor het ek gevind dat sommige mense na my toe kom en sê: "Ek vertel heeltyd vir my kinders iets van Jesus, maar hulle wil niks daarvan hoor nie". Hoe meer ek egter met hulle praat, hoe meer besef ek dat hulle redelik veroordelend en hard optree. Ek kan hulle kinders regtig nie kwalik neem dat hulle nie van Jesus by hulle wou hoor nie. 

Wanneer jy betrokke raak by en interaksie met mense het, laat die lewe van Jesus uitstraal. Wanneer jy gereed is om die Woord te deel—skep God daardie geleenthede—sal dit soveel kragtiger wees. 

In ons kultuur in Amerika, het mense al die godsdienstige mense gehoor en gesien. Wat hulle eerder moet sien, is 'n outentieke godvresende lewe. Hoe meer jy daardie nuwe lewe wat God aan sy mense gee kan weergee, hoe meer sal jou woorde krag dra wanneer jy begin praat oor verlossing of om Christus te ken.

“Laat die liefde ongeveins wees; verafsku wat sleg is; hang die goeie aan; wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning; wees nie traag in die ywer nie; wees vurig van gees; dien die Here. ...Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie” (Romeine 12:9-11,21).