Die Beloofde Besitting van God se Kinders
In 'n skynbaar verwarrende en teenstrydige gedeelte, het God aan die Ou-Testamentiese voorvader Abraham die land Kanaän gegee "as 'n ewige besitting" (Génesis 17:8, AFR53).
Jy dink miskien tydens die lees van hierdie vraag: “Hoe sou God Abraham se nageslag 'n permanente vaderland kon belowe? Abraham moes sekerlik geweet het dat die land voor hom nie tot in ewigheid sou bestaan nie.” Die Nuwe Testament sê selfs vir ons dat die wêreld deur vuur vernietig sal word en heeltemal sal verbrand, waarna die Here 'n nuwe hemel en aarde sal bewerkstellig. Was hierdie belofte aan Abraham van 'n “ewige besitting” 'n soort grap? Dit kan nie net 'n vaste eiendom wees nie. Hoe kan dit ewig wees?
Die feit is dat hierdie land van belofte simbolies was van 'n plek buite die aarde. Ek glo Abraham het dit in sy gees geweet. Die Bybel sê dat Abraham altyd vreemd gevoel het toe Abraham in Kanaän getrek het. “Deur die geloof het hy as vreemdeling gaan woon in die land van belofte soos in ‘n vreemde land en in tente gewoon met Isak en Jakob, die mede-erfgename van dieselfde belofte. Want hy het die stad vewag wat fondamente het, waarvan God die boumeester en oprigter is” (Hebreërs 11:9-10).
Abraham se hart het verlang na iets buite die land self. Hy kon die ware betekenis van die landseën insien, en hy het besef: “Hierdie plek is nie die ware besitting nie. Dit is net 'n geïllustreerde preek van die groot seën wat kom." Abraham het die ware betekenis van die beloofde land begryp; hy het geweet dat Kanaän die komende verlossing van God se volk verteenwoordig het, die veilige plek waarna die Here sy volk eendag sou nooi. Jesus self het gesê: “Abraham, julle vader, het hom verheug dat hy my dag sou sien; en hy het dit gesien en het hom verbly” (Johannes 8:56).
Die Heilige Gees het hierdie voorvader in staat gestel om deur die jare na die dag van Christus af te sien. Hy het geweet dat die betekenis van sy beloofde land 'n plek van totale vrede en rus beteken, en hierdie plek van rus is Jesus Christus self.
Die Here Jesus is ons beloofde besitting. Ons is syne, maar Hy is ook ons s'n, en God nooi ons uit om ons ewige besitting deur eenvoudige geloof te verkry.