Saai die Saad van Hoop

Gary Wilkerson

Die Verenigde Nasies doen gereeld studies oor verslawing regoor die wêreld. Die getal is gewoonlik om en by 270 miljoen dwelmmisbruikers globaal, maar die werklike getal is waarskynlik twee keer meer. Talle lande rapporteer nie die waarheid nie wees kulturele skande en politieke gevolge.

Navorsing by Teen Challenge, die nie-winsgewende organisasie wat my pa gestig het vir riskante jongmense, dui daarop dat in Pakistan, een uit vier mans heroïene gebruik en dat die meeste van hulle verslaaf is. In Sjina, kan jy heroïene koop vir die prys van ‘n gekookte eier. Indië, is klaarblyklik die tuiste van ongeveer 20 persent van alle dwelmverslaafdes op aarde. Volgens die V.S. Departement van Gesondheid en Menslike Dienste, word meer as 46 miljoen mense in Amerika geklassifiseer onder dwelmmisbruik versteurings.

Hierdie getalle is genoeg om die geloof van die beste Christen te knou. Maak ons ooit ‘n duik in die wêreld met die evangelie?

Vir perspektief, kom ons kyk na die wêreld nadat Jesus opgevaar het. Die kanse was oorweldigend teen die suksesvolle vestiging van die kerk. Die Romeinse ryk was ‘n inkopiesentrum van heidense afgodery en kulte wat uit Egipte en Sirië migreer het. Jesus se volgelinge was geteister en geslaan deur die Joodse Raad en hulle was in die tronk gegooi, gemartel en vermoor deur die Romeine. Nuwe gelowiges in die kerk was bandeloos, terwyl Jode en heidene eindeloos oor leerstellinge getwis het. Die apostel het elke dag nuwe grond geploeg, onseker van waar die volgende klip sou wees.

Hulle het egter voortgebeur met een doel voor oë: Saai die saad. Paulus was vasbeslote om die evangelie van Jesus Christus in sy wêreld te versprei en God die bonatuurlike te laat doen. “So is dan hy wat plant of hy wat natmaak, niks nie, maar God wat laat groei” (1 Korinthiërs 3:7, AFR53).

In die sestigs, het Teen Challenge ontstaan deur dieselfde gehoorsaamheid aan die boodskap. Dwelms, die sluipmoorde op JFK en Martin Luther King Jr. en die Viëtnam Oorlog, het die die nasionale psige ontwortel en wydverspreide wanhoop onder die juig veroorsaak. Toe God my pa geroep het om sy deel te doen in die stad, het hy sy moue opgerol. Geslagte van families leef nou in die lig van die verlossing as gevolg van een mens wat gehoorsaam was.

Spreuke sê vir ons om hierdie woorde voorop en as middelpunt te hou: “Laat jou oë reguit kyk en jou ooglede hulle reg voor jou uit hou” (Spreuke 4:25). Dit is ons mandaat! Wees vreesloos, bly by die boodskap en moenie aarsel nie! Ons geslag vertrou op ons.