Simon Dae, Petrus Dae, Satan Dae
Petrus is 'n mens met wie ons seker almal in die Bybel onsself mee kan vereenselwig. Hy het wonderlike dae gehad en dan het hy aaklige dae gehad, en die Skrif wys dit vir ons. “Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek? En Simon Petrus antwoord en sê: U is die Christus, die Seun van die lewende God. Toe antwoord Jesus en sê vir hom: Salig is jy, Simon Bar- Jona, want vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele is. En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie” (Matthéüs 16:15-18, AFR53).
Sjoe! Jesus het Simon se naam verander op grond van sy openbaring van Jesus. Dit het nie met een van die ander dissipels gebeur nie. Petrus se naam het egter weer verander. “Van toe af het Jesus sy dissipels getoon dat Hy na Jerusalem moes gaan en veel...moes ly.... Toe neem Petrus Hom opsy en begin Hom bestraf en sê: Mag God dit verhoed, Here, dit sal U nooit oorkom nie! Maar Hy het omgedraai en vir Petrus gesê: Gaan weg agter My, Satan!...” (Matthéüs 16:21-23).
Het jy al ooit so gevoel? Jy gaan aan, het 'n Simon-dag, en iets gebeur wat jou in 'n Petrus-dag laat inbeweeg met openbarings dat God wonderlik is, en dan skielik word jy met 'n Satan-dag getref.
In al daardie dae word jy egter deur God liefgehê. Jou slegste dag maak jou nie minder deur God aangeneem nie. Jesus het nie opgehou om Petrus lief te hê nie, het Hy? Nee. Dieselfde geld vir jou. Die skrywer Brennan Manning gee ons 'n blik op hierdie revolusionêre liefde vir God: "Sy liefde is nooit, nooit, nooit gebaseer op ons prestasie nie, nooit gekondisioneer deur ons buie nie – van opwondenheid of depressie nie. Die vurige liefde van God ken geen skaduwee van omkeer of verandering nie. Dit is altyd betroubaar. En is altyd teer”.
Ek het daardie woorde gelees terwyl ek van Queens na Brooklyn op die F-trein gereis het, en ek het begin huil. Die revolusionêre denke dat God my liefhet soos ek is en nie soos ek behoort te wees nie, verg radikale herbesinning en diepgaande emosionele heraanpassing. Ons godsdiens begin nooit met wat ons vir God doen nie. Dit begin altyd by dit wat God vir ons gedoen het.