Tragedie in Triomf Verander

Keith Holloway

Vandag is ons 'n land wat op tragedie afstuur, tensy ons tragedie in triomf verander. Ek weet dat dit waar is en ek gaan sê wat die Skrif sê die oplossing is. Aan die begin van die boek Jeremia, het God die profeet in sy diens geroep en Jeremia moes gaan praat met 'n volk wat God grotendeels verwerp het. Hulle het die beeld van hulle van God gehad het tot ‘n ander soort godheid veraner en het valse godsdienste en valse gebruike ingebring.

God het hulle deur Jeremia herhaaldelik vir 40 jaar na Hom toe teruggeroep. God het oor en oor vir hulle gesê: “As julle nie na My toe terugkom nie, sal Ek toelaat dat julle sondes julle teregwys. As jul nie tereggewys word nie, sal ’n tragedie hierdie land tref.”

Amerika word 'n Christelike land genoem, maar as jy luister, as jy kyk, liewer, as jy deur die Heilige Gees onderskei het volgens God se woord, sal jy weet dat ons in  werklikheid 'n post-Christelike samelewing is en dat ons in 'n afwaartse spiraal is. Daar is die volgende drie soorte mense in elke nasie: die verwerpers van God, die godsdienstiges teenoor God en die met verhoudings met God. As diegene wat 'n verhouding met God het, afneem, beland 'n samelewing baie vinnig op 'n verkeerde plek. So hoe verander ons tragedie in triomf?

Nadat Israel die Here verwerp het, soveel gebooie verbreek het, al hierdie besoedelende praktyke in hulle gemeenskap gebring het en die Vader se hart gebreek het, “[God] het gesê, nadat sy dit alles gedoen het: Keer na My terug” (Jeremia 3:7, AFR53).

Is dit nie wonderlik nie? God sê: “Erken net jou ongeregtigheid, dat jy teen die Here jou God oortree het. As jy dit doen, as jy waarlik jou sondes sal bely, as jy met jou hele hart na My toe sal kom, sal Ek jou genees.”

Paulus het die regte reaksie hierop in sy geskrifte vasgevang, met 'n hart vol angs en bekering. “Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood? Ek dank God deur Jesus Christus, ons Here!” (Romeine 7:24-25). Vandag moet ons hierdie woord van Christus hoor: “Keer terug na My!” Dit is dit. Dit is eenvoud, my vriende. Al wat Amerika gedoen het en tans doen, dit is wat ons na oordeel jaag. Die woord van God sê steeds: “Draai om en bekeer jou. Keer terug na My toe.”