Uit Hulle Gedagtes

David Wilkerson (1931-2011)

“En elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit nie doen nie, sal vergelyk word met ‘n dwase man wat sy huis op die sand gebou het. En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm en dit het geval, en sy val was groot” (Matthéüs 7:26-27, AFR53).

Die wet is nie bedoel vir die mens wie se gehoorsaamheid spruit uit 'n begeerte om God te behaag nie. Hy is nie bekommerd oor wat wettig of onwettig is, wat toelaatbaar of verbode is nie. Hy het net een maatstaf: “Wat begeer my Here?”

Jy kan die hele wet voor hom uitlê met al die reëls, regulasies en verbooie, en Hy sal sê: “Jy hoef nie vir my te sê om nie daardie dinge te doen nie. Ek sal niks doen om my Vader seer te maak nie. Ek is lief vir Hom. Ek het reeds die wêreld en sy begeerlikhede verlaat om Hom wie my hart begeer te volg. Wys vir my wat Hy wil hê, nie net wat Hy verbied nie. Ek wil hê dat sy hartsbegeerte my werke moet word. Ek wil sy gedagtes ken en dit gehoorsaam. Ek het sekerlik sy wet lief, maar dit is vir die wetteloses, vir diegene wat nog nie tot kennis van intimiteit met Christus gekom het nie. Ek het 'n ander wet wat in my hart werk. Dit is die wet van liefde, een wat sê: ‘Here, wat kan ek doen om U vandag te behaag?’“

So 'n mens word nie beweeg deur dreigemente van helse vuur of selfs deur belonings nie. Hy het geen profeet nodig om hom te skok nie, geen waarskuwings van oordeel nie. Hy is verlief op Jesus, en sy gehoorsaamheid aan God se Woord is 'n natuurlike uitvloeisel van hierdie liefde. Dit is vir hom so natuurlik soos asemhaal. 

Aan die ander kant, die mens wat sy huis op sand bou, doen dit net vir die vertoon. Dit is 'n tydelike leefstyl. Jy sien, hierdie persoon glo nie 'n storm kom nie. Dit is hoe die wêreld met die ewigheid omgaan; hulle dink eenvoudig nie daaraan nie. ’n beroemde Christen het eenkeer een van die laataand-geselsprogramaanbieders gevra: “Wat dink jy van die ewigheid?” Hy het geantwoord: "Ek probeer dit uit my gedagtes haal". 

Dit is tragies dat Christene ook probeer om die ewigheid uit hulle gedagtes te haal. Hulle probeer om nie te dink dat oordeel voor die deur is nie. As jy agterkom dat jy net aan die hede dink, rig jou oë weer op jou eerste liefde!