Van die Tronk tot Vryheid en Daarna

Gary Wilkerson

‘n Rukkie gelede het ek gepraat met ‘n vrou genaamd Holly Dziedzickie. Holly het grootgeword in ‘n Christelike huis en het saam met haar ouers kerk toe gegaan, maar in haar tienerjare het sy teen God gerebelleer. Sy het betrokke geraak by ‘n lewenswyse van onsedelikheid, alkohol en dwelms, asook die verkoop van metamfetamien. Sy was kwaad vir God omdat Hy die dinge wat sy wou doen as sonde beskou het. Jarelank was sy in en uit die tronk. Die dwelms het haar paranoïes en gewelddadig gemaak en sy was op die ou end na ‘n hoë sekureit gevangenis gestuur.

Daar het Holly ‘n gevangene teëgekom wie sy voorheen geken het. Hierdie keer, het haar vriendin egter anders gelyk. Jy is anders”, het Holly gesê. “Jy blink”. Haar vriendin het vir haar gesê dat sy tot bekering gekom het deur ‘n klein ou vroutjie van Yucca Vallei wat gewoonlik na die tronk gekom en vir die meisies gebid het. Holly het begin om die Bybel te lees, maar dit het nie tot haar gespreek nie. Haar vriendin het gesê: “Jy moet God vra om jou oë oop te maak voor jy dit lees”, en sy het. Toe sy weer haar Bybel oopmaak, het haar oë op Romeine hoofstuk vyf geval.

Dit was Holly se omkeerpunt. God het die blindings afgeruk en sy het vir die eerste keer verstaan dat Satan haar bedrieg het. Sy het nie regtig gedoen wat sy wou doen nie; in plaas daarvan, was sy ‘n slaaf van sonde. Romeine 5:8 het uitgestaan: “Maar God het sy liefde aan ons bewys toe ons nog sondaars was” (AFR53). Sy het God gevra om haar te red.

Holly het ‘n verminderde vonnis uitgedien en ‘n ander mens uit die tronk gekom. Sy het Bybelskool toe gegaan, toe na Kambodja gereis waar sy die Girls’ House of Refuge in Phnom Penh gestig het. Nou, vir meer as tien jaar, het God honderde jong, arm meisies na hierdie skuiling gebring – meisies van die krotbuurte wat misbruik, uitgebuit, getraumatiseerd en deur die samelewing verwerp is.

Wie het geweet dat ‘n klein vroutjie van Yucca Vallei soveel mense sou aanraak? Een mens, nie tevrede om in gemaklike ongeërgdheid te leef nie, betree die magtige beweging van die Heilige Gees. Dit kring uit, gevangene tot gevangene, vriend tot vriend, en Holly het hierdie heerlike verlossing verder gevat deur Christus se liefde en hoop na die vergete vroue van Phnom Penh te bring.

Waarvoor God jou ook al roep op hierdie oomblik, neem ‘n stap in daardie rigting. Sy planne is ver verhewe bo ons s’n en kan die lewens aanraak van mense wie ons onsself nou nie eers kan voorstel nie.