Vergenoeg met Jesus

David Wilkerson (1931-2011)

Dit is nie genoeg vir Jesus om jou hart te wen nie. Hy moet die bevrediging van jou hart wees!

Daar is baie gelowiges wat nog nooit met Jesus tevrede was nie. Hulle is op of af volgens hul omstandighede. Dit is nie 'n geskikte bruid vir hierdie bruidegom nie. Nee, 'n sekere skoonheid moet sy bruid versier om Hom aan te trek: “..die koning u skoonheid begeer” (Psalm 45:12, AFR53). Wat is hierdie skoonheid? 

“Aanbid die Here in heilige sieraad” (Psalm 29:3). Hierdie skoonheid word in God se oë aanskou; dit is wat Jesus in ons sien wat Hom aantrek.

Die Heilige Gees sê vir die bruid van Christus: "As jy alles aflê, alle ander vergeet en jouself vir Hom alleen versier, dan sal Hy jou skoonheid begeer". Dit beteken geen werk, geen persoon, geen verhouding kan tussen julle kom nie!

Ek het 'n godvresende vrou hoor sê: "Hoe meer godvresend my man word, hoe aantrekliker is hy vir my." Dit is inderdaad waaroor 'n goddelike huwelik gaan. Net so, hoe meer jy jouself in volle toewyding aan die Here gee, hoe aantrekliker en mooier word jy vir Hom.

“Die Koning u skoonheid begeer...” (Psalm 45:11). Wat 'n ongelooflike gedagte. Jesus sal nie van jou kan wegbly nie. Trouens, die Hebreeuse betekenis van skoonheid dui hier op 'n sterk verlange en begeerte. Met ander woorde, Jesus sal nader aan jou kom, oorloop van begeerte na jou!

Ek het al baie troues in my leeftyd gelei en daar was nog nooit 'n bruidegom wat nie met vreugde vir sy bruid geglimlag en gedink het: "Sy is volkome myne!" Geliefde, dit is die skoonheid waarvan ek praat. Ons bruidegom is bly en sê van sy bruid: “Ek is haar oogappel. Sy spandeer eerder tyd saam met My as met enigiemand anders, en dit maak haar vir My mooi.”

Die bruid van Christus het inderdaad 'n innerlike skoonheid wat haar uiterlik mooi maak. Sy is “…louter heerlikheid...daarbinne” (Psalm 45:14) want sy is toegewyd aan haar bruidegom. Hy weet bo enige twyfel: “Sy is volkome Myne, net aan My toegewy. Ek is die enigste een in haar lewe, die enigste fokuspunt van haar aandag. Sy maak tyd vir My, verheug haar in My teenwoordigheid en begeer om voortdurend by My te wees.” Wat 'n pragtige toewyding.