Volhardende Liefde vir Kinders in Gevaar

Gary Wilkerson

Studies toon amper 19 miljoen kinders in die Verenigde State word groot met slegs een ouer en dat meer as ‘n kwart van hierdie enkelouers met armoede worstel. Die kinders is in gevaar van groot fisieke, emosionele, verstandelike en geestelike. Tydens hulle adolessente jare, is hulle veral kwesbaar vir hongersnood, misbruik, emosionele trauma, ongelukke, mediese probleme en kriminele oortredings. 

Liefde in enige omstandigheid is ‘n risiko, maar om te sorg en lief te wees vir ‘n brose kind wie se hele lewe daaroor gaan om net te oorleef, verg ‘n verbintenis tot daardie liefde. Bowendien, moet kinders wat in gevaar is, dikwels verwerping hanteer van sorgsame ouers wat hulleself nie langtermyn daaraan kan verbind om hulle lief te hê nie. 

‘n Rukkie gelede het ‘n gesprek gehad met die personeel van Father’s Love, ‘n bediening wat met kinders van lae-inkomste, enkelouerhuise werk. Hulle het gesê hulle het ‘n gebedskissie waarin die kinders anonieme versoeke kan plaas en die twee mees algemene onderwerpe in daardie versoeke was verwaarlosing en misbruik. Hierdie kosbare kinders was vir die grootste deel van hulle lewens slagoffers, maar het niemand gehad om mee te praat nie. Wanneer hulle oor hul gebrokenheid kan praat om dit in die oopte te bring, kan hulle die eerste tree na genesing gee. Die wat hulle beraad is die eerste mense wat hulle toelaat om oor hulle trauma te praat. Vir baie van hulle is dit die eerste keer wat iemand van God se liefde vir hulle vertel het. 

Jesus het kwaai woorde gehad vir diegene wat ‘n kind seermaak. “En elkeen wat een van sulke kindertjies in my Naam ontvang, ontvang My; maar elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, it is vir hom beter dat ‘n meulsteen aan sy nek gehang word en hy wegsink in die diepte van die see” (Matthéüs 18:5-7, AFR53). Die meeste meulsteune is Jesus se tyd was so groot motorkarre en het honderde ponde geweeg. Sy waarskuwing was duidelik: Moenie kinders seermaak nie. 

Die belangrikste was dat Jesus die weg gebaan het vir onwrikbare liefde. Hy het ook verwaarloosde en misbruikte kinders gesien en Hy het hulle volhardend omhels. Ons Here het nooit moed verloor met iemand nie, veral nie hulle wat verwerp was nie. Julle moet daar wees vir hulle”, sê Hy vir ons. “Julle is dalk hulle enigste verbinding met My, tot hoop en ‘n beter lewe. Moenie daardie verbinding breek nie. Wees lief vir hulle met die volle verbintenis en sonder voorbehoud”.