Waarom God Dawid Geantwoord Het

David Wilkerson (1931-2011)

Dawid sê reguit vir ons waarom God sy gebede verhoor het. “En Hy het my uitgelei in die ruimte; Hy het my gered, omdat Hy behae in my gehad het” (Psalm 18:19, AFR53). Behae hier beteken “om plesier of blydskap daaruit te kry”. Dawid het in wese gesê: “Ek behaag God. Hy verlos my bloot omdat Hy ‘n behae in my het”.

Ons God het ook behae en jou en my! Jy sien, ons wat op die Here vertrou is sy heilige oorblyfsel. Oorblyfsel beteken bloot “diegene wat die Here aanroep uit ‘n rein hart”. Hulle is uit lui Christendom uitgeroep en is volkome toegewy aan Jesus.

Vir ons, sê God: “En jy sal ‘n sierlike kroon wees in die hand van die HERE en ‘n koninklike tulband in die hand van jou God. Jy sal nie meer genoem word Verlatene nie, en jou land sal nie meer genoem word Wildernis nie. Maar jy sal genoem word: my welbehae, en jou land: die getroude; want die HERE het ‘n behae in jou, en jou land sal getroud wees” (Jesaja 62:3-4). Waarom kom God tot my redding, so gewillig om my te verlos? Is dit omdat Hy ‘n behae in my het! Ek is vir Hom ‘n plesier en Hy geniet my vriendskap.

‘n Kosbare jongman het eenkeer vir my gesê: “Ek was nog nooit oortuig dat ek werklik deur die Here aangeneem is nie. Ek voel selde goed genoeg vir Hom, asof ek nie opweeg nie. Ek hou aan om Hom te probeer paai deur iets goeds vir ander te doen”.

Soveel Christene voel so. Oor die jare, het ek baie ouer Christene geken wat nooit versekerd en gerus in die Here gehad het nie. Hulle het onwaardig, onrein en ongeliefd gevoel. Hulle het nooit geglo dat hulle ‘n behae vir God se hart was nie en daarom was hulle altyd besig om iets in hulle lewens te doen om Hom te behaag. As hulle op een gebied misluk het, het hulle op drie ander gebiede probeer om God te behaag.

Geliefde, dit kan nooit wees nie! Wanneer jy na Jesus kom, kan jy Hom met niks vergoed nie. Hy vergoed jou omdat dit is wie Hy is. Hy sê: “En Ek sal julle vergoed die jare wat die treksprinkaan, die voetganger, die kaalvreter en die afknyper verslind het – my groot leërmag wat Ek teen julle gestuur het” (Joël 2:25).

Dit maak nie saak wat jou mislukkings is nie, God vergoed jou daarvoor!