Wanneer Iemand Wat Ek Liefhet Sterf

Tim Dilena

Terwyl hy as gevangene in 'n Nazi-konsentrasiekamp op sy dood gewag het, het die beroemde teoloog, geestelike herder en Christelike martelaar, Dietrich Bonhoeffer, 'n brief geskryf oor die verlies van mense vir wie ons lief is. Hy het onder andere geskryf:

Daar is niks wat die afwesigheid van iemand wat vir ons dierbaar is kan vervang nie, en ‘n mens moenie eers probeer om dit te doen nie. ‘n Mens moet eenvoudig uithou en dit verduur. Dit klink aanvanklik baie moeilik, maar terselfdertyd is dit ook 'n groot troos. Want in die mate waarin die leegheid werklik onvervuld bly, bly mens daardeur met die ander persoon verbind. Dit is verkeerd om te sê dat God die leegheid vul. God vul dit glad nie, maar laat die veel eerder heeltemal onvervuld en help ons daardeur – selfs deur die hartseer – om die outentieke verhouding te bewaar. Verder, hoe mooier en voller die herinneringe is, hoe moeiliker is die skeiding. Maar dankbaarheid verander die foltering van onthou in stille vreugde. 'n Mens dra dit wat in die verlede lieflik was, nie as 'n doring nie, maar as 'n kosbare geskenk diep binne in ons, 'n verborge skat waarvan jy altyd seker kan wees.

Dankbaarheid help ons om verlies te hanteer. Jesus het beleef en vir ons ‘n ander manier gewys om die hartseer te hanteer wat gepaard gaan met die verlies van mense vir wie ons lief is: deernis. “En toe Jesus dit hoor [Johannes se dood], het Hy daarvandaan in ‘n skuit vertrek na ‘n verlate plek alleen. En die skare het dit gehoor en Hom van die stede af te voet gevolg. En toe Jesus uitgaan, het Hy ‘n groot skare gesien en innig jammer vir hulle gevoel, en Hy het hulle siekes gesond gemaak” (Matthéüs 14:12-14, AFR53).

Johannes die Doper was Jesus se neef. Johannes is vermoor deur 'n waansinnge en veroordeelde egbreker. Toe Jesus die nuus hoor, het Hy hom uit droefheid en hartseer onttrek. Hy het alleen na 'n eensame plek gegaan. Die groot probleem wat Jesus gehad het, was dat al wou Hy alleen wees om te treur en sy verlies te verwerk, wou die menigtes sy genesing hê. Toe hulle agterkom waarheen Hy gegaan het, het hulle Hom gevolg. Jesus het hulle gesien en medelye met hulle gehad.

Die weg uit die hartseer is nie deur 'n seisoen van eensaamheid nie, maar deur ander te bedien. Wanneer jy na ander se behoeftes begin omsien, genees God jou en sorg Hy vir jou. Dit is gevaarlik om alleen gelaat te word met jou gedagtes wanneer jy groot verlies ly. Dit is deur te gee dat jy ontvang.