Ware Gemeenskap met God

David Wilkerson (1931-2011)

Baie Christene praat van intimiteit met die Here, om met Hom te wandel, Hom te ken, gemeenskap met Hom te hê; maar ons kan nie ware gemeenskap met God hê nie, tensy ons die volle openbaring van sy liefde, genade en barmhartigheid in ons harte ontvang.

Gemeenskap met God bestaan uit twee dinge:
1. Om die liefde van die Vader te ontvang
2. Om Hom terug lief te hê

Jy kan ure per dag in gebed deurbring, vir die Here sê hoe lief jou Hom het, maar dit is nie gemeenskap nie. As jy nie sy liefde ontvang het nie, het jy nie gemeenskap met Hom nie. Jy kan eenvoudig nie intimiteit met die Here hê nie, tensy jy verseker is van sy liefde vir jou.

Ek weet wanneer ek na my Here toe kom, kom ek nie na ‘n harde, wrede, veeleisende Vader nie. Hy wag nie vir my met ‘n kwaai gesig nie. Hy agtervolg my nie terwyl Hy wag dat ek moet misluk sodat Hy kan sê: “Ek het jou uitgevang!” nie.

Nee, ek kom na ‘n Vader wat Homself aan my geopenbaar het as rein, onvoorwaardelike liefde. Hy is vriendelik en teerhartig, vol genade en barmhartigheid, gretig om my uit my bekommernisse en laste te lig. Ek weet Hy sal my nooit wegwys wanneer ek tot Hom roep nie.

Die profeet Sefanja sê iets fenomenaal oor God se liefde vir ons. Hy skryf: “Die HERE jou God is by jou, ‘n held wat verlossing skenk. Hy verheug Hom oor jou met blydskap; Hy swyg in sy liefde; Hy juig oor jou met gejubel” (Sefanja 3:17, AFR53).

God rus in sy liefde vir sy kinders. In Hebreeus, lees die frase “Hy sal swyg in sy liefde,” “Hy sal swyg weens sy liefde.” God sê in wese: “Ek het my ware liefde gevind, en Ek is tevrede. Ek hoef nie elders te soek nie omdat Ek geen klagte het nie, en Ek sal my liefde nie terugtrek nie. My liefde is ‘n uitgemaakte saak!”

Hy is begaan oor alles wat my raak (sien Psalm 100). Kan jy sy woord aanvaar dat Hy jou liefgehad het voordat die wêreld geskep is, voor die mensdom bestaan het, voor jy gebore was? Kan jy aanvaar dat Hy jou liefgehad het selfs nadat jy in Adam se sondige maniere verval het en ‘n vyand van Hom geword het? Dit is waarom ek in sy howe kom met lofsang en danksegging omdat Ek dankbaar is vir wie my God is.