Wat Is ‘n Onberispelike Lewe?

David Wilkerson (1931-2011)

Volgens die apostel Paulus is die volgende eienskappe van ‘n onberispelike gelowige.

1. Hulle leef sonder bedrog. “Want ons vermaning was nie uit dwaling of uit onsuiwerheid of uit bedrog nie” (1 Thessalonicense 2:3, AFR53). ‘n Onberispelike Christen is een sonder enige bedrog in sy hart. Paulus het in wese gesê: “Ek was nie ‘n bedrieër wat een ding verkondig en ‘n ander ding leef nie. My gedrag was ‘n oop boek.”

2. Hulle het niks onrein aangeraak nie. “Want ons vermaning was nie uit . . .  onsuiwerheid . . . nie” (v. 3).

Paulus se beklemtoning hier is op sensualiteit of wellus.. Hy sê in wese: “Daar het nie ‘n onrein woord uit my mond gekom nie. My geselskap was rein en het uit ‘n rein hart gekom.” Paulus se liggaam was onder beheer. Vleeslike passie het hom nie beheer nie; geen gees van wellus het sy gedagtes beset nie. Hy was ‘n vry mens.

‘n Gelowige wat vuil grappe vertel, seksuele insinuasies maak of wat dwalende oë het, is iemand wie se hart nog nie gereinig is nie. God sê: “As jy ‘n onberispelike lewe gaan lei voor My, moet jy rein ore, ‘n rein hart en ‘n rein tong hê”.

3. Hulle is sonder dwaling. “Want ons vermaning was nie uit dwaling . . . nie” (v. 3).

Die Christen sonder dwaling of bedrog probeer nie slim, listig of manipulerend te wees nie. Hy het geen verborge motiewe nie en is volkome eerlik en opreg. Paulus het gesê: “Ek het julle nie in die koninkryk van God gemanipuleer nie en ook nie slim woorde gebruik om op julle gevoelens te speel nie. Ek het die evangelie reguit aan julle verkondig”.

Paulus het nooit woordspeletjies gespeel of sielkunde gebruik om mense sover te kry om van hom te hou nie. Paulus het gesê: “Maar ons was vriendelik onder julle soos ‘n pleegmoeder haar kinders koester” (1 Thessalonicense 2:7). Maar toe sonde inkom, het hy dit met gebulder uit die hemel dit bestraf. Hy het mense liefgehad, maar hy het niemand se goedkeuring gesoek of nodig gehad nie.. “Want ons het, soos julle weet, ons nooit met vleitaal opgehou of met bedekte hebsug nie. God is getuie. Ook het ons nie eer van mense òf van julle òf van ander gesoek nie, al kon ons as apostels van Christus met gesag optree” (1 Thessalonicense 2:5-6).

Paulus het altyd geweet dat God hom dopgehou het en sy motiewe nagegaan het. Hy het weggebly van “elke vorm van kwaad” (sien 1 Thessalonicense 5:22) en het geleef asof Jesus binne die volgende uur sou kom!