Welbehae in die Lewende Water

Gary Wilkerson

Psalm 1 het goeie nuus vir jou. “En hy [die geseënde man] sal wees soos 'n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit” (Psalm 1:3, AFR53).

Christus is ons lewende water; al wat ons moet doen, is om naby Hom geplant te wees en uit sy stroom te drink. “En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink! Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie” (Johannes 7:37-39).

Om onsself by die Here se stroom te plant, bring waarlik welbehae voort. Wanneer ons naby sy lewende water bly, sien ons duidelik dat sy wet lewendmakend is. Ons dors na meer daarvan en maak dit ons welbehae. 

Terwyl ons van sy kragtige stroom drink, sien ons hoe ons wortels uitsprei, ons anker en krag na ons takke stuur. Christus se konstante stroom help ons nie net deur daaglikse versoekings nie, maar ook deur die moeilikste seisoene van die lewe. 

Wat is jou siel se toestand wanneer jy finansiële probleme het, wanneer jy huweliksprobleme het, wanneer jy nie ‘n goeie werk het nie of wanneer jou kinders sukkel op maniere wat blykbaar nie 'n oplossing het nie? Word jy gou wanhopig? Bly jy dink aan al jou mislukkings?

Wanneer jy langs lewende water geplant is, kan jy sy krag gebruik om jou deur te dra. Jy sal herinner word aan vorige beproewings waardeur die Here jou gedra het. Op hierdie manier: "Alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit". Ons floreer deur sy vrede te ken ten spyte van alle uiterlike omstandighede; dit is hoe ons in die lewe floreer. 

Bowenal verlustig ons ons in sy Woord met 'n toenemende honger daarna. Op sy beurt, wek sy lewegewende Woord ‘n welbehae in ons siele op.