DIE BELOOFDE KRAG

Nicky Cruz

Jesus het die vrystelling van Sy krag en die Gees op die lewens van Sy volgelinge beloof, om onder hulle tekens, wonders, en wonderwerke te doen, sodat geen twyfel sou bestaan oor Sy krag in die oë van ‘n verlore en hopelose wêreld nie. Hy het belowe om Sy Gees te stuur om tussen en binne-in hulle te lewe, om hulle te lei terwyl hulle die evangelie na elke uithoek van die aarde sou neem. Hy het hulle verseker dat Sy Gees hulle nooit sou verlaat of begewe nie, en Hy het van hulle verwag om algehele geloof en vertroue te plaas in hierdie, “sagte, rustige stem,” wat hulle lei in hulle harte.

Die profeet Joël het hierdie krag, wat sou geopenbaar sou word in die volgelinge van Christus, voorspel. “En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien. En ook op die diensknegte en op die diensmaagde sal Ek in dié dae my Gees uitgiet. En Ek sal wondertekens gee aan die hemel en op die aarde: bloed en vuur en rookpilare” (Joël 2:28-30).

Voor ons, het ons ‘n geleentheid om die Here se mag losgelaat te sien oor die wêreld soos nog nooit tevore nie. God is gereed en gewillig om Sy krag uit te stort, om wonderwerke te doen in die Naam van Christus, op ‘n skaal wat ons nog nooit gesien het sedert die opstanding van Jesus nie. Maar waar en óf Hy besluit om dit in ons lewens te doen, hang daarvan af van óf ons gewillig is om uit ons gemaksone te tree, om die manier waarop ons dink en glo te reëvalueer, om die dinge van hierdie wêreld te laat staan, en in plaas daarvan om op God se beloftes van voorsiening te vertrou.

Is ons gewillig om ons eie opinies en agenda’s opsy te skuif en in plaas daarvan, te fokus op die leiding van die Heilige Gees?

Sal ons kies om te glo in ‘n groot en magtige God?

Nicky Cruz, ‘n internasionaal bekende evangelis en produktiewe ouditeur, het hom tot Jesus bekeer van ‘n lewe van geweld en misdaad nadat hy David Wilkerson in New York Stad ontmoet het in 1958. Die storie van sy dramatiese bekering was eers oorvertel in The Cross and the Switchblade deur David Wilkerson en later in sy eie topverkoper boek Run, Baby, Run