DIE BUITENGEWONE DAG
Ek stel my voor die ywerige Fariseër Saulus aan die begin van die buitengewone dag toe barmhartigheid oor hom geskyn het. Hy het gevra om die hoëpriester te woord te staan:
“Die jongman wat die volgelinge van Jesus vervolg, wil toestemming hê om sy kruistog na Damaskus te neem. Hy belowe plegtig om hulle almal gevange te neem. Hy dink werklik hy sal in staat wees om hierdie ‘Jesus vuur’ te blus.”
Stel jou voor die toneel toe Saulus en sy manskappe uit Jerusalem vertrek het na hulle volgende sending. Op pad was hulle toegejuig deur die hoëpriester en al die skrifgeleerdes en Fariseërs. Maar toe, net buite die stad Damaskus, het die stralende glans van barmhartigheid op Saulus neergeskyn (see Acts 9).
DIT IS JESUS!
Hoe het barmhartigheid homself voorgestel aan hierdie verlore, misleide man? Dit het nie probeer om hom te verwar nie. Dit het hom nie beskuldig nie. Dit het nie probeer om hom te vernietig nie. In plaas daarvan, het die ten volle betaalde, onverdiende barmhartigheid van die Here Saulus met sy aangesig op die grond laat val. En 'n stem het hom gepraat en gesê, “Saul, Saul, dit is Jesus. Waarom vervolg jy My?”
Christus se boodskap aan hierdie yweraar was duidelik: “Dít is vir My wat jy vervolg, Saulus. Met elke Christen wat jy in die tronk opgesluit het, het jy dit aan My gedoen.”
OPENBARING EN VERLOSSING
Saulus was oorweldig deur hierdie openbaring. Tydelik met blindheid getref, was hy gelei na 'n huis in Damaskus waar 'n biddende, Geesvervulde man genaamd Ananias hom sou besoek. Daar in 'n klein kamertjie, het Saulus die Naam van Jesus aangeroep. Ananias het onomwonde aan hom verduidelik die hoë koste van barmhartigheid wat hy ontvang het en vir hom gesê, “Saulus, nou gaan jy ly ter wille van Sy Naam.”
In sy gewete getref, het Saulus sekerlik teruggedink aan die steniging van Stéfanus, die talle gelowiges wat hy in die tronk opgesluit het en die menigtes wat hy mishandel het. Maar hierdie man het barmhartigheid ontvang daardie dag!