DIE GEMEENTE VAN DIE EERSGEBORENES

Gary Wilkerson

“Maar julle het gekom by die berg Sion . . . en die gemeente van eersgeborenes . . .” (Hebreërs 12:22-23).

Die “gemeente van eersgeborenes” is ‘n vergadering van mense wat regverdig en volmaak gemaak is deur God.

Wie was die eersgeborenes in Israel van wie ons in die ou Testament lees? Dit was die oudste manlike seun wat in aanmerking kom om die erdeel van die vader te ontvang. So, alles wat die vader bymekaargemaak het, al die rykdom van sy koninkryk was geërf deur die eersgeborene.

En wat sien ons nou in hierdie gedeelte van die Skrif? Jy en ek is die eersgeborenes in die gemeente van God. Is dit nie goeie nuus nie? Ons is saam deur God geroep en Hy sê, “Ek plaas alles wat in My koninkryk is in jou. Al die rykdom. Al die heerlikheid. Al die majesteit.”

Is daar enigiets te moeilik vir die Here? Is daar ‘n probleem té groot in jou lewe? Is daar ‘n berg té groot vir God om te skuif? Is daar iets wat Sy hand terughou sodat Hy nie jou huwelik kan herstel nie? Waar Hy nie jou gees kan genees nie? Waar Hy jou nie kan verlos van daardie gewoontepatroon van sonde nie? Waar Hy nie ‘n wanhopige hart kan verander in ‘n hart vol blydskap en opgewektheid en aanbidding nie?

Al die hulpbronne van die hemel is in God se hande Hy sê, “O, kyk! Ek het ‘n eersgebore seun nodig; Ek het ‘n eersgebore dogter nodig! Want Ek wil al hierdie wonderlike dinge aan My kinders nalaat.”

En prys die Here! Hy het dit vir jou en my nagelaat! Ons hét alles. Petrus sê dat Hy vir ons alles geskenk het – verlede tyd – “alles...wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug ” (2 Petrus 1:3). Kan jy daarop amen sê?