DIE GUNS VAN DIE HERE

Gary Wilkerson

Terwyl ek hierdie boodskap verkondig by die Springs Church in Colorado Springs, preek ‘n jongman by Time Square Church in New York Stad. Vir ‘n jaar lank was hy ‘n hawelose, verlore, hartseer, gebroke alkoholis.

EK HAAT HIERDIE KERK

Een Sondagoggend het hy by Time Square Church ingestrompel en ‘n sitplek in die agterste deel van die hoogste deel van die gallery gekry. Hy het die diens verlaat terwyl hy gemompel het, “Ek haat hierdie kerk. Ek sal nooit weer terugkom nie!” Hy hét egter weer teruggekom en weer het hy gesê, “Ek haat hierdie kerk. Ek sal nooit weer terugkom nie.”

Hy het egter aanhou terugkom – ‘n derde Sondag, ‘n vierde Sondag, ‘n vyfde Sondag en so aan. Hy het selfs die Sondae getel – 52 van hulle – en uiteindelik. in plaas van om te sê, “Ek haat hierdie kerk. Ek sal nooit weer terugkom nie,” het hy gesê, “Ek het U lief Jesus en ek het U in my lewe nodig.” Hierdie hawelose jongman, wat op die parkbanke in New York Stad gebly het, het na die altaar gekom en sy lewe vir Jesus gegee.

VERLOS, HERSTEL, BEGUNSTIG

Daarna was hy na ‘n rehabilitasie program gestuur waar hulle ontdek het dat hy briljante verstand gehad het. Nadat hy die rehabilitasie program voltooi het, was hy Bybelskool toe gestuur waar hy ‘n vier-jaar Bybelprogram in twee jaar voltooi het met ‘n 4.0 graad gemiddeld.

Toe was hy na die kweekskool gestuur waar hy ‘n drie-jaar meestersgraad in teologie gedoen het. Sy briljantheid het aangehou om hom voort te stu en hy het daardie drie-jaar kursus in agtien maande voltooi. Die kweekskool het hom gevra om aan te bly as professor, maar hy het dit afgewys omdat hy gesê het, “Nee, ek is ‘n herder.”

Vandag is hy op die personeel van Times Square Church en verkondig die heerlikheid van die Here. Dít is die guns van die Here.