Die Here is die Verlosser van Sy Kinders
Terwyl ek deur die Ou Testament lees, vind ek dat my geloof baie versterk word deur die voorbeeld wat Dawid gestel het. Ek staan verstom deur Dawid se vasbeslotenheid om ‘n woord van God te kry in moeilike tye.
Na een geveg, het Dawid en sy leër op ‘n drie-dag reis terug huistoe vertrek toe hulle dorpie skielik deur die Amalekiete geplunder is. Hierdie wrede vyand het die families van Dawid en sy manskappe weggevoer en die hele dorp afgebrand. Stel jou voor die toneel toe Dawid se leër teruggekeer het: “Toe Dawid met sy manne die stad inkom, lê dit daar met vuur verbrand, en hulle vroue en hulle seuns en hulle dogters was as gevangenes weggevoer” (1 Samuel 30:3).
Ek stel my voor hulle het verstom en verwilderd rondgeloop en hartseer uitgeroep, “Hoe kon dit gebeur? Waarom sou God dit toelaat?”
“Daarop het David en die manskappe wat by hom was, hulle stem verhef en geween totdat daar geen krag meer in hulle was om te ween nie” (30:4, my kursief).
Hierdie toneel uit Dawid se lewe wys ons daar is sekerlik ‘n tyd om te ween wanneer ellende toeslaan. Dit was immers geen klein ramp nie. Dit was nie net die verlies van huise, beeste en gewasse wat Dawid se helde laat ween het nie; hulle sou gou daaroor kom. Dit was eerder die groot gevaar vir hulle geliefde vroue en kinders wat hulle siele deurboor het. En wat op hierdie toneel gevolg het, kon selfs meer rampspoedig vir Dawid wees: “En Dawid het dit baie benoud gehad, want die manskappe het gepraat om hom te stenig; want die siel van al die manskappe was verbitterd” (30:6).
Geliefde, selfs die mees goddelike onder ons se hart bewe soms, ‘n skielike vlaag van vrees, wanneer ‘n verskriklike krisis kom. Op so ‘n tyd, is dit nie ‘n sonde om ‘n skielike oomblik van diepe angs te hê nie. Maar die Here wil hê dat elke moeë, hartseer hart moet hoor: “Vrees nie! Wees vol moed, want die Here is ‘n Verlosser vir Sy kinders.”