DIE HERE IS ONS BRON

David Wilkerson

Is daar ‘n punt in ons wandel met God waar ons Hom so vertrou, so getrou bewys word deur jare van beproewing, dat ons ‘n ruskans kan kry van geestelike oorlogvoering?

Is daar ooit ‘n vakansie van moeilikhede, ‘n tyd waarin ons kan ontspan, vry van beproewings? Verdien ‘n leeftyd van die voldoening aan geloof se eise vir ons ‘n sabbatsverlof van die stryd? Is dit moontlik om ‘n punt in die geloof te bereik waar ‘n toets nie langer nodig is nie?

Volgens die Skrif is die antwoord op al hierdie vrae nee.

Die eerste rede vir sulke aanhoudende toetse is goed bekend aan die meeste Christene. Dit is, die lewe van geloof demonstreer voortdurend die mensdom se behoefte vir die Here in alle dinge. Eenvoudig gestel, ons bereik nooit ‘n punt waar ons God nie nodig het nie. Die idee van ‘n “sabatsverlof van beproewings” veronderstel ‘n “sabbatsverlof van behoeftes.” En daar sal nooit ‘n tyd wees wanneer ons behoeftes deur ons omstandighede vervul sal word nie. Die Here is ons bron, ons alles in alles.

VERTROU JY OP JOUSELF?

Die Bybel wys vir ons keer op keer waar Israel se behoeftes aangespreek was, waarna die mense opgehou het om God te vertrou. Hulle word behep daarmee om versorg te word, waar God reeds belowe het om in al hul behoeftes te voorsien. Soos Jesus vir ons sê, is ons doel nie om daarna te streef om ons behoeftes vervul te kry nie, maar om te voed op elke woord wat uit die mond van God kom.

“Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan” (Matthéüs 4:4).

“En verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei” (1 Petrus 2:2).