DIE HERE SE BEMOEDIGING

David Wilkerson

David en sy groep manne was op vlug van Koning Saul, wat hom probeer doodmaak het. Op een stadium, het die klein leër kamp opgeslaan in ‘n dorp genaamd Siklag, waar hulle hul families gevestig het. Van daar af het hulle uitgegaan om oorlog te voer, terwyl hulle hul vroue en kinders veilig agtergelaat het.

Na ‘n oorlog, het Dawid en sy leër ‘n drie-dag reis terug huistoe aangepak toe hulle dorpie skielik geplunder is deur die Amalekiete. Hierdie wrede vyand het Dawid en sy manne se families weggevoer en die hele dorp afgebrand.

“Toe Dawid met sy manne die stand inkom, lê dit daar met vuur verbrand, en hulle vroue en hulle seuns en hulle dogters was as gevangenes weggevoer” (1 Samuel 30:3)

SEËNINGE ONTHOU

Dawid se reaksie op hierdie ramp was: “Dawid het homself versterk in die HERE sy God” (1 Samuel 30:6). Ek glo hy het dit gedoen deur God se vorige verlossings te onthou. In sy jong lewe, het hy ‘n beer en ‘n leeu doodgemaak en die reus Goliat verslaan. Nou, terwyl hy getreur het oor sy verlies, het hy daardie gevegte en die baie ander wat hy gewen het, onthou.

SLEGS ‘N PERSOONLIKE WOORD

David het in wese gesê, “Ek het ‘n woord van die Here nodig.” Hy het geweet dat niemand hom kon bemoedig nie – nie die talle wyse kapteins onder sy bevel of, inderdaad, geensins enige raadgewer nie. Dawid moes direk ‘n persoonlike woord kry van die Een wat hom verlos het van elke desperate situasie wat hy al ooit beleef het.

Geliefde, dieselfde is waar vir jou en my vandag. Daar is eenvoudig niemand op aarde wat jou siel uit wanhopigheid kan haal of jou gees bemoedig kan hou tydens die duur van jou krisis nie. Ons moet almal ons eie woord van die Here kry. Soos Dawid, is ons geroep om onsself te versterk deur God se verlossings in ons lewens te onthou. En ons moet ook daardie tye onthou waar God vrugbaar bewys is in vorige geslagte.