Die Lewe van ‘n Heelhartige Christen
Kaleb, wie se naam “kragdadig, lewensmoed” beteken, is ‘n soort Christen wat die hele pad gaan! Hy was onafskeidbaar van Josua, ‘n tipe Christus, en verteenwoordig een wat heeltyd met die Here wandel.
Kaleb was al anderkant die Jordaan saam met die verspieders. Terwyl hy daar was, was hy deur die Heilige Gees na Hebron getrek – “die plek van die dood.” Met ontsag het hy teen die heilige berg opgeklim en geloof het sy siel gevul. Abraham en Sara het daar begrawe gelê, so ook Isak en Jakob. Jare later sou Dawid se koninkryk daar begin. Kaleb het die heilige plek hoog geag! Van daardie oomblik af, wou hy Hebron as sy eiendom besit.
Dit was van hom gesê dat hy daarin “volhard het om My [die HERE] te volg” (Numeri 14:24). Tot die einde toe het hy nooit gewankel nie. Salomo het in sy latere jare gewankel en “hy het die Here nie volkome gevolg nie!” Maar op die ouderdom van 85 jaar, kon Kaleb getuig, “Ek is vandag nog so sterk soos die dag toe Moses my uitgestuur het, soos my krag toe was, so is my krag nou nog, om te veg en om uit te gaan en in te gaan” (Josua 14:11).
Op 85 het Kaleb sy grootste stryd gevoer! “Gee my dan nou hierde bergland (Hebron)” (Josua 14:12). “Toe het Josua hom geseën en aan Kaleb ... Horeb as erfdeel gegee” (Josua 14:13). “Daarom het Hebron die erfdeel geword van Kaleb ... omdat hy volgehou het om die Here, te volg" (Josua 14:14).
Die boodskap is glorieryk! Dit is die volgende: Dit is nie genoeg om te sterf aan sonde nie – om êrens in die verlede in die volheid in te gegaan het nie. Dit is noodsaaklik om in die Here te groei tot die einde toe! Om jou geestelike krag en sterkte te behou – om nie te wankel nie, om “die Here volkome te volg” – selfs op ‘n hoë ouderdom! Dit moet ‘n toenemende geloof wees.