IN DIE LIG

David Wilkerson

Jesus het ons beveel om te werk terwyl dit dag is. Waarom? Want “die nag kom wanneer niemand kan werk nie” (Johannes 9:4).

In Openbaring 7, beskryf Johannes ‘n menigte wat voor God se troon staan, 'n skare so massief dat niemand dit kan tel nie.

“Ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was ‘n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande; en hulle het met ‘n groot stem geroep en gesê: Heil aan onse God wat op die troon sit, en aan die Lam!” (Openbaring 7:9-10).

Hierdie skare is verteenwoordigend van mense van alle lande en tale, geklee in wit klere en almal prys die Here. “Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom” (Openbaring 7:14).

Dierbare gelowige, ek glo ons is die geslag waarna Openbaring 7 verwys. Ons leef in die donkerste uur en oral rondom ons is groot verdrukkinge. Maar die lig skyn steeds helder. Hoe donkerder die nag, hoe groter is Sy lig!

Terwyl jy in gebed arbei vir jou geliefdes en vir ‘n wêreld in duisternis gehul, wil ek jou herinner aan jou eie storie. Onthou, in jou verdrukkingstyd het iemand siele gewen. Iemand het die verlorenes in die lig ingebid. Iemand het bokant die duisternis uitgestyg en Christus verkondig. Iemand het geglo Jesus sou nuwe wyn uitstort. En dit het gebeur! Jy het in die lig ingekom! God sal diegene vir wie jy bid uit die duisternis haal en tot in die lig bring.