Die Onverhinderde Evangelie
Die boek van Handelinge sluit af op ‘n wonderlike noot. In die laaste twee verse vind ons Paulus in boeie, onder huisarres en bewaak deur Romeinse soldate. Lees egter die vreugdevolle nota waarmee Paulus se situasie beskryf word: “En Paulus het twee volle jare in sy eie gehuurde huis gebly en almal ontvang wat na hom gekom het, terwyl hy die koninkryk van God gepreek en onderrig gegee het aangaande die Here Jesus Christus, met volle vrymoedigheid sonder enige verhindering” (Handelinge 28:30–31).
Die oorspronklike Grieks vir “verhindering” hier beteken “keer.” Die New American Standard weergawe sê dat Paulus die evangelie verkondig en geleer het “met alle openheid en onverhinderd.” Wat ‘n wonderlike stelling, siende dat Paulus ‘n gevangene was. Die evangelie was onverhinderd, wat beteken, nie gekeer nie en sonder struikelblokke. Die outeur gebruik hierdie getuienis om Handelinge met ‘n kragtige verklaring af te sluit: “Die evangelie kan nie verhinder word nie!”
Moenie ‘n fout maak nie, daar was hindernisse van alle kante af teen Paulus se boodskap. Toe hy die Joodse leiers in Rome gevra het om hom in sy boeie te kom besoek, was hulle verontwaardig. Hulle het gesê, “Ons ken jou nie eers nie. Wie is jy vir ons?” Toe Paulus uiteindelik wel Christus aan hulle verkondig het, het hulle op die ou end met mekaar daaroor gestry.
Terselftertyd het die Keiser Nero Christene in die strate van Rome gemartel en vermoor. In werklikheid sou Paulus binnekort ook op daardie strate gemartel word. Die hel het oorgeloop en die Romeinse samelewing het een groot orgie geword. Homoseksualiteit was ‘n gerespekteerde lewenstyl en verkies deur die intellektueles. Die hele kultuur was oorstroom met materialisme met die buitensporige strewe van geld, roem en plesier.
Die hele tyd het Paulus daar gesit, deur God gestuur om die evangelie aan Rome te bring, maar geboei in kettings. Hy was verwerp deur die gesekulariseerde Joodse godsdiens wat geen deel aan Christus se evangelie wou hê nie. Hy was vervolg deur ‘n goddelose regering. En hy was gespot deur ‘n samelewing wat mal geword het oor rykdom en wellus.
In die lig van hierdie geweldige hindernisse, hoe het God beplan om ‘n impak te maak op die goddelose Romeinse Ryk? Wat sou sy metode wees om ‘n kerk in Rome te bou? ‘n Kerk wat die wêreld dwarsdeur die ryk sou beïnvloed vir eeue wat kom? Was dit werklik deur hierdie Joodse gevange en voormalige terroris, van wie se spraak gesê is, veragtelik was? Was Paulus God se beste instrument om Rome en sy uitgestrekte gebiede te evangeliseer?
Vir twee jaar, was die apostel opgesluit in sy onopvallende huis in ‘n systraatjie. Daar was geen geassosieerde evangelis, geen Timótheüs of Bárnabas by hom wat saam met hom kon werk nie. Hy het geen mikrofoon gehad om by boodskappe uit te saai nie. Hy het geen konsultante of politiese verbindinge gehad wat hom kon help nie. Paulus het eenvoudig geen beplande program of agenda gehad nie. En selfs al het hy, het hy geen manier gehad om dit te adverteer nie. Hy kon nie van deur-tot-deur evangeliseer of straatbyeenkomste hou nie.
Nee, Paulus was net daar. En tog was hy heeltemal tevrede met waar God hom geplaas het. Hy het bedoel wat hy verklaar het, “Hier is ek, Here. Gebruik my soos U goed dink. Ek ken nie u plan nie, maar ek weet U het my hier geplaas. U evangelie sal onverhinderd voortgaan.”
Inderdaad, wat God deur Paulus se situasie gedoen het, was wonderbaarlik. Die Here het nie een of ander metode in werking gestel sodat sy evangelie kon uitgaan nie. Hy het net een enkele dienaar nodig gehad en hierdie een was weggesteek in ‘n agterstraat, in ‘n klein gehuurde huis met ‘n gewapende wag. Paulus was ‘n man sonder ‘n greintjie charisma, iemand met geen welsprekendheid nie. Tog, vir twee jaar, het ‘n bestendige stroom van honger siele uit alle klasse van die lewe hom in sy tydelike tronk besoek.
In werklikheid, daardie klein gehuurde huis het gedien as die Heilige Gees se Groot Sentrale Hoofkwartier vir “Operasie Rome.” Binne-in was God se Gees besig om ‘n toegewyde liggaam van gelowiges, wat die evangelie met krag en salwing sou verkondig, op te bou. En hulle sou die goeie nuus van Christus na die verste hoeke van die ryk neem.
Kan die Here hier vir ons vertel om nie te soek na grootheid in bediening en op getalle of tegnieke te fokus nie? Ek glo dat as Paulus vandag op die toneel sou wees en kyk na al die metodes wat die Heilige Gees se leiding vervang het, sou hy “afskaal” verkondig.
Tog, ek glo daar is ‘n ander boodskap hier wat meer op die punt af is. Eenvoudig gestel, God vertel vir ons dat die Heilige Gees van enige gewone mens besit kan neem en hom na ‘n plek van totale afhanklikheid bring en gemeenskappe, stede en selfs nasies bereik vanuit die mees onbelangrike plekke.
Waarom het hierdie mense by Paulus se huis ingestroom? Waarom het hulle reageer op blote gerugte om ‘n arm, onvermaarde prediker te hoor? Ek sê dit was omdat daardie huis gevul was met die Gees van God. Jesus was daar teenwoordig, die Heilige Gees het almal wat daar ingekom het, onder sondebesef gebring en Christus se teenwoordigheid het honger siele genees.
Moenie verkeerd verstaan nie: Ek verkondig nie, “Wees klein” nie. Ek verkondig, “God kan die geringste gebruik.” Hy kan enigiemand gebruik wat gewillig is om gestroop te word van alle vertroue in die vlees en totaal van Hom afhanklik te wees vir alles. En die Here kan dit doen met enige Christen, uit alle klasse van die lewe. Ek weet, want ek is ‘n voorbeeld daarvan. God het ‘n maer prediker in Pennsylvanië se platteland gevind en hom na New York Stad gestuur om met bendelede en dwelmverslaafdes te werk. Wat kan meer onwaarskynlik wees?
Die geskiedenis van God se mense is vol sodanige getuienisse. In die vroeë 1900’s, het herlewing uitgebreek in Los Angeles, wat die moderne dag Pinkster beweging van stapel gestuur het. Dit het alles gebeur in ‘n klein duig huiskerkie in ‘n nederige woonbeurt, op ‘n straat genaamd Azusa. Mense het van oral oor die wêreld gekom om daar die teenwoordigheid van God te beleef.
Daaglikse gebedsbyeenkomste is op die tweede vloer gehou en die pastoor — ‘n klein Afro-Amerikaanse man genaamd Seymour — het vir ure met sy kop in ‘n houtkas gebid. Ooggetuies het vertel van besoekende predikers en evangeliste wat in daardie vergaderings ingestap het en op hulle aangesigte geval het, terwyl hulle hul sondes bely en vir dae aaneen geween het.
Wat is die boodskap hier? Dit is dat die evangelie van Jesus Christus geen hindernisse ken nie. Dit maak nie saak watter soort teenstand van die wêreld kom nie. Niks — nie Kommunisme, sekularisme of ateïsme — is ‘n hindernis van die evangelie nie. God sê, “Jy mag dink jy sien hindernisse voor jou, maar ek sien niks. Ek het nie geld of ‘n weermag nodig vir my plan om uitgevoer te word nie. Ek het net een enkele, nederige dienaar nodig om my werk te vervul. En Ek sal dit doen in die kleinste, mees obskure plekke en die samelewing se mees onbelangrike mense gebruik.
In die twee jaar wat Paulus in daardie nederige huis in Rome gespandeer het, was sy siel heeltemal gerus. Hy was nie moedeloos oor die klein aantal gelowiges in Rome op daardie tyd nie. Die werklikheid is, Paulus het algehele vertroue gehad in die evangelie wat hy verkondig het. Rome se godsdienstige Jode mag sy bediening verwerp het, maar Paulus het geweet dat God sy mense in die stad weggesteek het.
Ten spyte van al die ongelooflike hindernisse, het die Heilige Gees Lukas gedring om hierdie heerlike woorde op papier neer te skryf en hulle in die Skrif te verwoord: “Terwyl hy die koninkryk van God gepreek en onderrig gegee het aangaande die Here Jesus Christus met volle vrymoedigheid sonder enige verhindering” (Handelinge 28:31). Hier was ‘n verklaring wat God gemaak het vir sy kerk in die eeue wat sou kom: “Die evangelie kan nie verhinder word nie. Verkondig dit met volle vrymoedigheid!”
O laat die heidene woedend wees! Laat Islamiete roem dat Allah sal oorwin. Laat die ateïstiese, elite instellings probeer om God met wetgewing uit die samelewing te verwyder. Laat die hooggeregshowe gay huwelike wettig. Laat vervolgers dreig, laat owerhede en magte spot en vloek. Ek sê vir julle, niemand kan die verkondiging van die kruis en opstanding van Christus verhinder nie. Die poorte van die hel sal hierdie Woord nooit oorwin nie en dit sal nie in staat wees om die krag en mag van die evangelie te stop nie.
Volgens die skrif, word goddelose mense in hierdie wêreld erger by die dag. En ek is oortuig dat Paulus homself nie die hindernisse sou kon voorstel wat God se mense vandag moet trotseer nie. Jesus het geprofeteer van ‘n tyd wanneer wêreld toestande so vreesaanjaend sou word dat mense se harte sou beswyk as hulle hoor van die verskriklike dinge wat oral gebeur.
Ons leef huidiglik in daardie laaste, vreesaanjaende dae en die tekens is orals. Europa word heeltemal heidens, met die instelling van die huwelik wat verwerp word, paartjies wat saamleef en familie waardes wat verdwyn. In Swede leef 30 persent van die bevolking ongetroud saam.
Hier in New York Stad, sien ons ‘n “groot afval,” die soort wat die Skrif voorspel. Ongeveer 410 pastore het ingeskryf vir ‘n homoseksuele agenda genaamd “Trots in My Preekstoel,” waar hulle borde met hierdie leuse in hulle kerke ophang. Die boodskap is, “Ons is trots op die homoseksuele gemeenskap en ons keur dit goed.” Die getalle van hierdie pastore groei.
In Islamitiese nasies — Uzbekistan en Pakistan veral — word gelowiges in die tronk gegooi en geslaan. Islamiete wêreldwyd is besig om moskees te bou wat deur Midde Oosterse oliegeld geborg word. Nou sê internasionale dinkskrums dat die situasie een van “Islam teen alle ander godsdienste” is, “Islam teen demokrasie,” “Islam teen Christendom.” Die Islamiete roem, “Ons gaan die ongelowige Christendom vernietig.”
Ons weet dat die Here nie sal toelaat dat enige sodanige magte die evangelie sal uitsluit nie. As die boodskap van die Kruis gaan triomfeer voor Christus kom, hoe sal dit gebeur?
Ek kan net praat as een man. Persoonlik glo ek nie dat die Here se plan sal gebeur deur enige persoon se konsep van wêreldevangelisasie nie. Ek stel nie belang om van sulke metodes om die menigtes te bereik te hoor of te lees nie. In plaas daarvan, glo ek om net op een ding te fokus en dit is die dag wanneer ek voor Christus gaan staan om rekenskap te gee van my lewe en bediening. Op daardie dag, sal al my werke — my hele bediening, alles wat ek in sy Naam gedoen het — deur vuur getoets word.
Paulus skryf, “Maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou...elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is” (1 Korinthiërs 3:10, 13).
Daardie dag van rekenskap, wanneer ons voor sy troon sal staan, word die “dag van onse Here” (1 Korinthiërs 1:8). genoem. In daardie uur, sal my en jou lewe die vuur van die Here se heilige teenwoordigheid beleef. En daardie vuur gaan die kwaliteit van ons werke openbaar, of hulle van God af was of uit ons vlees. Baie van hierdie werke sal die toets deurstaan, maar ander sal heeltemal verbrand word.
Ek glo dat die siele wat ek gewen het, nie verlore sal gaan nie. En die opofferings wat ek gemaak het, sal nie verniet wees nie. Elke beker koue water wat ek aan sy dienaars gegee het, sal ‘n beloning ontvang. Kortliks, ek is oortuig van my verlossing, omdat ek volle vertroue in my Verlosser het dat ek nie verstoot sal word nie.
Tog, soos Petrus skryf, “En as die regverdiges nouliks gered word, waar sal die goddelose en die sondaar verskyn?” (1 Petrus 4:18). Petrus praat van oordeel in die huis van God. En ek sal nie graag “nouliks gered” wil wees nie.
Paulus bied hierdie raad aan: “Want as ons onsself beoordeel het, sou ons nie geoordeel word nie. Maar as ons geoordeel word, word ons deur die Here getugtig, sodat ons nie saam met die wêreld veroordeel mag word nie” (1 Korinthiërs 11:31–32). So, hoe moet ons onsself beoordeel soos Paulus voorstel?
Hier is die kriteria waarmee ek myself heeltyd moet beoordeel: Ek vra, “Het ek op enige manier die evangelie van Christus verhinder?” Ons weet dat die wêreld nie die evangelie kan verhinder nie. Paulus beoordeel homself op hierdie manier en skryf, “Maar ons (ek) verdra dit alles, om geen hindernis vir die evangelie van Christus te veroorsaak nie” (1 Korinthiërs 9:12).
Die apostel vertel vir ons in wese, “Ek moet versigtig wees oor hoe ek die evangelie aanbied. As ek materialisties ingestel is, of as ek enige selfsugtigheid of wellus herberg, kan ek onmoontlik Christus akkuraat verteenwoordig. Dit sou ‘n hindernis wees vir die evangelie wat ek verteenwoordig. Nee, die manier waarop ek lewe moet deel wees van die evangelie wat ek verkondig.”
Beskou die Korinthiërs in Paulus se tyd. Hulle het spoggerige kos na die feestafel gebring, terwyl die armes onder hulle glad nie enige kos gehad het nie. Paulus het bedoel, “Julle is nie werklik begaan oor die behoeftes van Christus se liggaam as julle oë net gevestig is op hoe om ‘n beter lewe te lei nie. Julle kan eenvoudig nie gefokus wees op God se belange as jy nie omgee of jou broeder genoeg geld het vir sy volgende maaltyd nie.”
Enige werke van die bediening wat met so ‘n ingesteldheid gedoen word, sal nie die Here se heilige vuur deurstaan nie. Groot getalle, suksesvolle metodes en monumentale prestasies sal nie enigiets in daardie uur beteken nie, omdat God die motiewe van die hart oordeel. Die vraag wat ons onsself vandag moet afvra is, “Doen ek dit vir erkenning? Om iemand te wees? Om my eie toekoms te verseker, met geen besorgdheid vir my broers en susters in nood nie?”
Moenie ‘n fout maak nie: die evangelie van Jesus Christus gaan onverhinderd voort, magtig en onkeerbaar. Maar dit gebeur slegs wanneer dit in sy volheid verkondig en onderrig word. Dit moet in die konteks van “die hele raad van God” gelewer word. Soos Paulus sê, “Want ek het nie nagelaat om aan julle die hele aad van God te verkondig nie” (Handelinge 20:27, kursief myne).
‘n Afgewaterde halwe evangelie is ‘n gruwel vir die Here. Jy sien, ek kon elke maand vir jou skryf en sê, “Jesus het jou lief en wil jou seën. Hy wil hê dat jy jou lewe moet geniet. Hy begeer om wonderwerk op wonderwerk vir jou te doen.” Dit sou suiwer evangelie waarheid wees.
Maar dit is slegs die helfte van die waarheid van die evangelie. Die hele evangelie sluit ook in waarskuwings oor die misleiding van die sonde. Dit sluit in goddelike berou en bekering, voorbereiding vir vervolging en ‘n begeerte vir die koms van Christus. Die Skrif vertel vir ons in baie duidelike terme, “Jaag...na...die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie” (Hebreers 12:14). Die evangelie van Christus konfronteer altyd die mens en bring dan vertroosting na hom. Dit sal nooit die plesiere van sondige mense akkommodeer nie.
Ja, Jesus het wonderwerke gedoen. Hy het brood en melk aan die menigtes voorsien. Maar die dag het gekom waarop hy nie langer wonderwerke verkondig of gedoen het nie. In plaas daarvan, het Hy vir sy volgelinge gesê, “As julle nie my vlees eet en my bloed drink nie, het julle geen deel aan My nie.”
Ek is nie ‘n profeet nie, maar die Heilige Gees het my gelei om sekere profetiese boodskappe te lewer wat deur baie mense beskou is as te hard. Sommige mense het my ‘n oordeelsdag prediker genoem. En ek moet erken dat ek sommige boodskappe verkondig het wat my reguit by die kerkdeure laat uitloop het huistoe en gaan ween het: “Hy wat die goddelose regverdig verklaar en die regverdige skuldig verklaar, hulle altwee is vir die Here ‘n gruwel” (Spreuke 17:15).
Dit maak nie saak hoe ek op ‘n gegewe Sondag voel nie. Op geen tyd mag ek uit my vlees preek en die regverdige veroordeel nie. Net so, kan ek nie ‘n boodskap lewer wat die sonde in enigiemand se hart regverdig nie.
Somtyds na ‘n diens, sal ek oorfone aansit en na die boodskap wat ek pas gelewer het, luister. En soms bewe ek terwyl ek luister en die Here vra, “O God, het ek te ver gegaan? Het ek u regverdige heiliges hier veroordeel? Het ek onbewustelik u dienaars seergemaak?” Op ander geleenthede vra ek, “Jesus, het ek net die helfte van u evangelie in hierdie preek verkondig? Het ek ‘n preek gelewer wat mense goed laat voel het oor hulle sonde? Het ek hulle valse vertroosting gegee deur u roepstem om van ongeregtigheid te bekeer, af te water?” Die enigste hindernis vir sy evangelie is die ongeloof in ons harte.
Het jy moed verloor dat God die ontmoontlike sal doen? Glo jy steeds dat sy reddende Woord onkeerbaar is? Ons Here sê niks is vir Hom onmoontlik nie. En geen mensgemaakte of geestelike stuikelblok kan sy evangelie verhinder nie.
As jy ‘n geliefde het wat Jesus nie ken nie, wees verseker daarvan: enige evangelie saad wat jy geplant het, maak nie saak hoe gering nie, is ‘n magtige een. En dit sal opkom. Dit mag dalk eers op ‘n sterfbed gebeur, maar God het jou gebed verhoor en sy Woord sal nie ledig terugkeer nie. Die duiwel kan dit nie verhoed nie, die gees van die tyd kan dit nie stop nie en geen man of weermag kan dit keer nie. Net soos Lukas verklaar het: “Die evangelie kan nie verhinder word nie!”