DIE PROBLEEM VAN ONS EIE HARTE

David Wilkerson (1931-2011)

“Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe” (Spreuke 4:23).

Ons kan die lering hoor oor die noodsaaklikheid van gebed, vas en die Skrifte bestudeer. En ons kan by God pleit vir ‘n dieper honger na Hom, ‘n nader wandel met Hom en ‘n groter passie vir Jesus. Maar Spreuke sê vir ons, ons moet rekening hou met selfs dieper dinge as dit. Hierdie vers praat van hartkwessies, verborge, geheime dinge wat die lewenstroom bepaal wat uit ons kom.

Selfs as ons vir langer ure bid, meer dikwels vas en die Bybel meer pligsgetrou lees, kan ons steeds onrein wees in ons gedagtes en alles afsluit behalwe ‘n klein stroompie van daardie lewensvloei.

Jesus sê baie duidelik vir ons wat ‘n persoon onrein maak: “Luister en verstaan! Nie wat in die mond ingaan, maak die mens onrein nie; maar wat uit die mond uitgaan, dit maak die mens onrein” (Matthéüs 15:10-11). Wat is hierdie kwessies van die hart? Wat is die weë wat ons innerlike mens besoedel en dan ons hele wese?

Die Bybel wys drie kwessies uit: ‘n onrein mond, onrein ore, en onrein oë. As dienaars van die Here, kan ons nie toelaat dat iets die vloei van Christus se lewe in ons belemmer nie. Ons moet ons hart en dade beheer deur sy Woord, want as enige deel van ons innerlike mens onrein is, word ons uiterlike lewe en getuienis belemmer.

  • ‘n Onrein mond – Jakobus waarsku, “Die tong is ook ‘n vuur, die wêreld van ongeregtigheid” (Jakobus 3:6).
  • Onrein ore – “Die Here HERE het my oor geopen, en Ek was nie wederstrewig nie Ek het nie agteruitgewyk nie” (Jesaja 50:5). Die Heilige Gees het die Seun se oor ingestel om die Woord van sy Vader te hoor en Hy was gou om daarna te luister.
  • Onrein oë – “Moenie oordeel volgens wat julle sien nie, maar oordeel ‘n regverdige oordeel” (Johannes 7:24).

Niemand is te heilig om na die waarskuwings van Jesus te luister en ‘n verandering te maak nie. Vra die Heilige Gees om jou hart te ondersoek en jou rein te maak op elke gebied van jou lewe.