DIE ROTS WAS CHRISTUS

Gary Wilkerson

Om God te ken was genoeg vir Moses. Eerder as om na die Beloofde Land te gaan, het hy gevra, “Laat my tog u heerlikheid sien” (Exodus 33:18). Ek kan my voorstel God se blydskap om dit te hoor. Elke aardse vader ken die voortdurende gepleit van sy kinders se stemme as hulle vir iets vra, maar daar is niks wat ‘n vader se hart blyer maak as om te hoor dat sy kind sê, “Pappa, ek het jou lief vir wie jy is.”

God was so tevrede met Moses se begeerte dat Hy sy versoek toegestaan het, sover as wat Hy dit kon toelaat. “Verder het Hy gesê: Jy kan my aangesig nie sien nie, want geen mens kan My sien en bly lewe nie” (Exodus 33:20).

GOD SE SKERP LIG

God se ontoeganklike lig is te skerp vir mense om ten volle te beleef; Sy heiligheid is alles-verterend: “anders sal jy op die weg verteer word” (Exodus 33:3). Maar Hy wou hê dat Moses sy heerlikheid gedeeltelik beleef. Die Here het vir hom in wese gesê, “Ek kan nie my gesig vir jou wys nie. Maar Ek kan vir jou die effek van my teenwoordigheid en die spoor van goedheid wat Ek nalaat, wys” (sien Exodus 33:21-23).

“En as my heerlikheid verbygaan, sal Ek jou in die skeur van die rots stel ...totdat Ek verbygegaan het” (Exodus 33:22, my beklemtoning).

God het dit vir Moses gesê om hom te beskerm. Hierdie vers vertel vir ons alles oor God se wonderlike genade in die Ou Testament. Selfs voor die kruis – voor Christus sy bloed vir ons verlossing uitgestort het – het God Moses in sy genade, in die skeur van ‘n rots gestel. Soos Paulus verduidelik, “Die Rots was Christus” (1 Korinthiërs 10:4).

GOD SE LEWENSVERANDERENDE HEERLIKHEID

Die Skrif sê vir Moses se gesig was verander deur God se heerlikheid – ‘n verandering so kragtig dat hy “’n bedekking oor sy aangesig gesit het, sodat die kinders van Israel nie die oë kon vestig op die einde...nie” (1 Korinthiërs 3:13).

Enigeen wat Jesus onmoet, beleef die dieselfde transformasie – ‘n verandering so diepgaande dat die hele wêreld dit kan sien en verwonderd is.