DIE ROTS WAS CHRISTUS

Gary Wilkerson

Toe die kinders van Israel in die woestyn was, was hulle geteister deur dors en het met Moses begin argumenteer. “Waarom het u ons dan uit Egipte laat optrek om my en my kinders en my vee van dors te laat omkom? Toe het Moses die HERE aangeroep en gesê: Wat moet ek met hierdie volk doen? Dit skeel maar min of hulle stenig my. En die HERE het Moses geantwoord: Trek voor die volk uit, en neem van die oudstes van Israel met jou saam; en neem jou staf waarmee jy die Nyl geslaan het, in jou hand en gaan weg. Kyk, Ek sal daar voor jou by die rots op Horeb staan; dan moet jy die rots slaan, en daar sal water uit kom, dat die volk kan drink. En Moese het so gedoen voor die oudstes van Israel” (Exodus 17:3-6).

Die besonderhede van hierdie toneel – en van God se deernis vir die mense – word weerspieël in Jesus se offer. Christus is die rots wat geslaan is vir ons oortredinge toe ons verlore was en afgedwaal het. En Hy is die Lewende Water wat ons onderhou. Paulus sê vir ons, “Want ek wil nie hê, broeders, dat julle nie sou weet nie dat ons vaders...dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit ‘n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus” (1 Korinthiërs 10:1,4).

Die toneel in die wildernis demonstreer wat Jesus vir murmurerende mense doen: Hy neem hulle straf op Hom. Hy verklaar, “Ek sal vir hulle veroordeeld staan, Ek sal gegésel word, Ek sal aan die kruis vasgenael word in hulle plek – alles sodat hulle oorvloedige lewe mag ontvang.” Sommige Christene verbeur egter hierdie wonderlike gawe deur vas te hou aan bitterheid. Paulus gaan voort om te sê, “Maar God het in die meeste van hulle geen welgevalle gehad nie, want hulle is neergeslaan in die woestyn. Maar al hierdie dinge...is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons” (1 Korinthiërs 10:5,11).

Ons lewens kan wegkwyn van bitterheid, of dit kan vernuwe word deur die wonderlike genade wat God aan ons bied – dit is ons keuse.