DIE SKUILPLEK VAN SY AANGESIG
Wanneer die wêreld lyk of dit in beroering gebring word, sal daar ‘n volk opstaan wat weet hoe om hulle krag te midde van dit alles te behou. Hulle is mense, wat tot die Here nader in krisistye.
Volgens die Skrif, maak dit nie vir hierdie mense saak of die maan en sterre uit die hemel val nie, of as die berge bewe en in die see val nie. Hulle sal steeds geloof in die Here behou om hulle te red en hulle sal nie toelaat dat hulle geloof geskud word deur enigiets wat kom nie.
In Psalm 31, stel Dawid ‘n frase bekend aan God se volk: “die skuilplek van u aangesig.” Dawid skryf: “o, Hoe groot is u goedheid wat U weggelê het vir die wat U vrees, wat U uitgewerk het vir die wat by U skuil, in teenwoordigheid van die mensekinders! U verberg hulle in die skuilplek van u aangesig vir die sameswering van mense; U steek hulle weg in ‘n hut vir die twis van die tonge” (Psalm 31:20-21, my kursief).
Dawid sê hier iets baie deurslaggewend vir die liggaam van Christus en sê vir ons in wese: “Alle ware krag kom wanneer ons tot die Here nader. Inderdaad, die maatstaf van ons krag is eweredig aan ons nabyheid aan Hom.”
Eenvoudig gestel, hoe nader ons aan Jesus is, hoe sterker gaan ons wees. Al die krag wat ons in werklikheid ooit sal nodig hê, sal kom deur ons verborge gebedslewe.
Die Skrif sê dat ons eevoudig na Jesus moet nader en Hy sal tot ons nader. En deur tot Hom te nader, sal ons ‘n nuwe bron van daaglikse krag kry. Dit is die “skuilplek van sy aangesig” waarna Dawid in Psalm 31 verwys.