DIE STRYD OM GOD SE GOEDHEID TE ONTHOU

David Wilkerson (1931-2011)

Asaf, die psalmis wat Psalm 73 geskryf het, was ‘n dierbare vriend van Koning Dawid. ‘n Man met ‘n rein hart, wat geglo het in die goedheid van God, het sy redevoering begin in hierdie psalm deur te sê, “Waarlik, God is goed vir Israel, vir die wat rein van hart is” (Psalm 73:1). Met ander woorde, “God was goed vir my deur vir my ‘n rein hart te gee.” In die volgende vers, bely hierdie dierbare man, “My voete het amper het amper gegly! Ek het amper in sonde verval.” Waarom sê Asaf dit?

Ons weet uit hierdie psalm dat Asaf groot probleme beleef het (sien 73:14), en hy het met vergelykings gesukkel. Hy sê in vers 3: “Want ek was afgunstig op die onsinniges toe ek die voorspoed van die goddelose mense sien.” Toe hy om hom gekyk het, het gesien hoe goddelose mense groot rykdom geniet het, wat hom die pyn van sy eie armoede erger laat voel het. Wat ook al die rede was, hierdie man het uitgeroep, “Here, dit maak nie vir my sin nie!”

Toe het hy vir homself gesê, “Kyk na al hierdie sondaars. Hulle bid nie. Hulle verwaarloos God se Woord en is ongehoorsaam aan Hom, tog word hulle nie geteister soos ander mense nie” (sien 7:5). Wat Asaf eintlik bedoel het, was “Die goddelose word nie geteister soos ek nie. Hulle doen slegs boosheid – tog is hulle voorspoedig. Terwyl ek swak van smart is, neem hulle slegs toe in krag” (sien vers 4).

So, wat was die sonde waarin Asaf amper verval het? Dit was om te glo dat sy lyding onregverdige straf van God af was – dat God nalatig en onregverdig was. Dit is ‘n strik waarin enigeen van ons kan trap en ons moet baie versigtig wees!

Wanneer ‘n beproewing kom, wanneer jy smart beleef, moet jy jou hart bewaar van gly. Asaf het dit gedoen deur na die heiligdom van God te gaan (sien 73:1). Hy het sy gedagtes op die Here gerig en aangehou om vir homself te sê, “Ek sal nie toelaat dat die duiwel my laat val nie. Ek gaan dit met die Here uitpraat.”

Asaf het amper gegly – maar hy het vasgehou en die psalm geëindig op hierdie noot van oorwinning: “In die HERE het ek my toevlug gestel, om al u werke te vertel” (73:26).