DIE TEENWOORDIGHEID VAN JESUS IN ONS

Gary Wilkerson

Die Nuwe Testament is so opwindend – dit wys ons dat Jesus die presiese voorstelling van God die Vader was en as ons Jesus sien, sien ons presies hoe God is. So vol liefde, genade, barmhartigheid, krag, waarheid en geregtigheid! Die woord van God vertel ons dat ons Sy goddelike natuur aangeneem het deur die teenwoordigheid van Jesus in ons.

“Immers, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug, waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is” (2 Petrus 1:3-4).

Kan jy jou indink om te leef sonder om ooit snags vrees of angs te ervaar? Of skande, skuld, veroordeling, of ‘n gevoel van onwaardigheid? Hoe sou jou lewe wees sonder spanning en angs? Dink net daaraan – en besef die waarheid dat jy vry is van slawerny van hierdie dinge as gevolg van wie jy is in Christus.

Ons is bedoel om te leef soos Jesus. As ons sondig, bedroef dit natuurlik die hart van die Vader, maar die Heilige Gees oortuig ons en wanneer ons dit bely, vergewe Jesus ons en breek alle bindings! Ons mag dalk nie altyd in totale oorwinning lewe nie, maar ons “jaag na die doel om die prys te verkry” want Jesus woon in ons deur die krag van die Heilige Gees.

“Nie dat ek dit al verkry het of al volmaak is nie, maar ek jaag daarna of ek dit ook kan gryp, omdat ek ook deur Christus Jesus gegryp is. Broeders, ek reken nie dat ek dit self gegryp het nie. Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus” (Filippense 3:12-14).