DIE UITKOMS
“Dat ons nie op onsself sou vertrou nie, maar op God wat die dode opwek” (2 Korinthiërs 1:9). Die apostel Paulus het hierdie woorde geskryf toe hy raadop was. Hy het in wese gesê, “Die Here het my gebring tot aan die einde van enige menslike hulp. Dit was ‘n plek so hopeloos dat slegs die God van opstandingskrag my kon red!”
God laat dikwels toe dat jy gedryf word tot radeloosheid, tot in diepe lyding, sodat jy alle vertroue verloor in jou vermoë om jouself te red. Wat ‘n wonderlike plek om te wees – radeloosheid. Maar dit klink nie so wonderlik nie, nê? Veral nie in ‘n kultuur waarin die konsep van self-genoegsaamheid vir ons gevoer word nie. Ons besit oneindige volumes, geskryf oor hoe om probleme, eensaamheid, hartseer en versoekings te hanteer. Maar die hele die fokus is op die vlees, ons eie vermoë om onsself uit ons moeilikhede los te wikkel.
Geliefde, hoeveel keer het jy al probeer om self al jou probleme op te los? Miskien is jy toegegooi met versoekings wat jou wou oorweldig tot op die punt wat jy uitroep, “O God, U weet ek het U lief met my hele hart, maar ek word verskriklik versoek. Ek haat dit, Here. Ek kan dit net nie verstaan nie!”
Ek het ‘n waardevolle les geleer in al my beproewings: Ek het die uitkoms gevind! “Geen versoeking het julle aangegryp behalwe 'n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.” (1 Korinthiërs 10:13).
Wat is hierdie uitkoms? Dit is om aan die einde van jou eie krag te kom en jou dan heeltemal tot God te wend! Dit is om te sê: "Ek vertrou nie meer op myself nie. God, ek werp alles op U en vertrou U totaal. Ek weet U sal my lyding beëindig op u tyd en op u manier!”