DIE VERFRISSENDE FONTEIN

Gary Wilkerson

Vroeg in Sy bediening, het Jesus die volgende oor Homself aangekondig:

“En op die laaste dag, die groot dag van die die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep” (Johannes 7:37, klem myne).

Jesus het nie net ‘n verklaring uitgereik nie – Hy het uitgeroep. En Hy het gewag vir die grootste dag van die fees om op te staan en sy aankondiging te maak:

“[Hy] het... uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink! Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei” (7:37-38).

MOEG VAN DOOIE GODSDIENS

Dit was ‘n daad van deernis eerder as ‘n teologiese verklaring. Dooie godsdiens het God se mense moeg gemaak. Dít wat veronderstel was om hulle te verkwik, het hulle met geensins enige lewe agtergelaat nie. Nou het Jesus aangekondig, “Ek is jou beker koue water, die verfrissende fontein wat nooit ophou vloei nie. Jy kan van My drink om jou lewe voortdurend te vernuwe.” Daar is geen kwalifikasies nodig om van hierdie wonderlike fontein te drink nie. Christus verseker ons, “As iemand [enigeen] dors het, laat hom na My toe kom en drink!” (7:38).

DIE HERLAAI KNOPPIE

Vriend, die lewe in Christus is ‘n herlaai knoppe sonder weerga. Wanneer dit gedruk word, word die mees verdwergde, wanhopige, vervelige siel vernuwe met die krag uit die hemel. As Jesus sê, “Strome van lewende water sal uit My binneste vloei,” wys Hy vir ons hoe ons lewens sal lyk na ‘n eenvoudige aanraking van Hom. Sy Gees sal ons so vervul dat ons sal oorloop met oorvloedige lewe, genade, barmhartigheid en liefde. Sy stroom van lewe verander alles.

Soos ek al talle kere gesê het, God gee nooit vir ons ‘n boodskap sonder om dit te ondersteun met Sy krag nie. As Hy ons geroep het tot ‘n lewe van oorvloedige verfrissing, dan sal Hy alles wat nodig is voorsien om dit te laat gebeur.