EK HET DIE GEHEIM GELEER

Gary Wilkerson

“Ek weet om verneder te word, ek weet ook om oorvloed te hê; in elke opsig en in alle dinge is ek onderrig” (Filippense 4:12).

Die Heilige Gees onderrig ons in die geheim van hoe om te lewe wanneer die lewe minder is as wat ons graag sou wou hê; wanneer ons nie die hulpbronne het wat ons gedink het ons sou hê nie, wanneer ons drome nie waar geword het nie. Paulus het in wese gesê, “Ek weet nie net dat ek alles kan verdra nie, maar ek het ‘n geheim en hierdie geheim is dat ek te volle kan leef in tye van oorvloed, sowel as in tye van honger.”

Hoeveel van julle weet dat ons soms die geheim van oorvloed beter moet verstaan as die geheim van honger? Wanneer jy in oorvloed lewe, is dit baie maklik om jou behoefte vir God uit die oog te verloor. As jy lewe van betaling tot betaling, word jy baie afhanklik van die Heilige Gees. Jy bid werklik. 

Ons dink dikwels dat dit vir Paulus moeiliker was om te leer hoe om in armoede te leef. Nee, ek dink dit was vir Paulus moeiliker om te leer hoe om te leef toe hy oorvloed gehad het en ek dink dieselfde kan waar wees vir ons. Maar daar is ‘n kosbare belofte hier, wat ons verstand te bowe gaan. Die belofte dat ons tot alles in staat is deur Christus en dat elke behoefte vervul kan word. Hierdie addisionele belofte is in vers 19, waar ons lees, “En my God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus” (Filippense 4:19).

Weereens, dit is binne die konteks om te sê, “Ek het geleer hoe om verneder te word. Ek het geleer hoe om sonder enigiets te wees en selfs te midde daarvan, weet ek dat God elke behoefte sal vervul.” Dit sê nie wens nie. Dit sê nie ambisie nie. Dit sê nie eens begeerte nie. Dit sê, “God sal elke behoefte vervul.”