EK HET DIE GELOOF BEHOU

David Wilkerson (1931-2011)

Paulus het sy geloof behou deur goeie en slegte tye, In sy laaste dae, kon Paulus roem, “Ek het die goeie stryd gestry, ek het die wedloop voleindig, ek het die geloof behou” (2 Timótheüs 4:7). Dink aan Paulus se getuienis op daardie oomblik. Hy kon sê, “Satan het sy boodskappers gestuur om teen my te veg in Jerusalem, Damaskus, Asië, Éfese en Korinte. Maar ek het die geloof behou.

“Hy het my probeer sink in die stormgeteisterde Mediterreense see. Drie keer het ek skipbreuk gely, rondgedryf op die diepsee vir ‘n nag en ‘n dag. Maar ek het die geloof behou.

“Vyf keer het die Jode my met nege-en-dertig houe geslaan. Ek was in die tronk gegooi, drie keer met stokke geslaan, gestenig en vir dood agtergelaat. Maar ek het die geloof behou.

“Ek het gevare in die veld en in die stad, in die wildernis en in die see getrotseer. Ek is besteel deur my eie volksgenote. Ek is in die gevaar gestel deur valse broeders. Maar ek het die geloof behou.

“Ek was baie kere uitgeput, vol pyne in my liggaam het slapelose nagte gely. Ek was honger en dors, koud en naak, swaar belas met allerhande bekommernisse. Tog het ek die geloof behou.

“Ek was bekommerd, verward aan elke kant, benoud en vervolg, maar nooit terneergedruk nie. Ek het nooit in my geloof gewankel nie. Deur dit alles, was my vertroue in die Here nooit vernietig nie” (sien Korinthiërs 11:23-28).

Geliefde, moenie val vir die duiwel se leuens wanneer jy beproewings, tugtiging of swaarkry beleef nie. Moenie toelaat dat ‘n wortel van bitterheid jou hart binnekom en woede teenoor God begin vertroetel nie: “Waarom het die Here dit toegelaat? Ek het so hard probeer om Hom te behaag, Hom soveel vertrou. Waarom stel Hy my teleur?” God het gewaarsku oor sulke tye: “Moenie dat dit gebeur nie. In plaas daarvan, wees ywerig, wees waaksaam, hou vas aan jou vertroue. Dit het groot beloning” (Hebreërs 10:35-36, my parafrase).

Onthou liewer dat Hy vir ons sê, “En roep my aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer” (Psalm 50:15). Mag jy getrou bly om Hom aan te roep tydens jou beproewing. Werp altyd al jou bekommernisse op Hom!