GEBRUIK GOD SE WOORD OM JOU GELOOF TE VERSTERK

David Wilkerson

Die Gees het dit vir my duidelik gemaak dat al my gebede heeltemal nutteloos is tensy ek in geloof bid. Ek kan ween, vas, voorspraak doen, worstel en in barensnood wees tydens gebed, maar steeds glad geen impak maak by die Here nie – tensy ek dit alles doen met eenvoudige, kinderlike geloof.

Die Woord sê, “Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie” (James 1:7).

Die Here beveel ons om Hom te vertrou. Dikwels het ons egter so min vertroue in Hom, so min geloof in Sy gewilligheid en begeerte om ons hartsgeroep te verhoor. Wanneer ons in die hemel kom, sal ons verbaas wees om al die seëninge en krag te ontdek wat ons tot ons beskikking gehad het, maar nie toegeëien het nie, weens ons swak geloof.

Ek daag jou uit om jou geloof te versterk. Vra die Here om jou siel te oorstroom met vertroue in Sy gewilligheid om jou opregte gebede meer as te verhoor.

Wil jy groter geloof hê? Wanneer jy weer na jou binnekamer gaan, gebruik die volgende Skrifte om met die Here te redeneer. Hy sal nie Sy eie Woord verloën nie.

  • “Vertrou op Hom altyd, o volk! Stort julle hart uit voor sy aangesig” (Psalm 62:9).
  • “Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is ‘n skild en ‘n pantser” (Psalm 91:4).
  • “Die dag as ek vrees, sal ék op U vertrou” (Psalm 56:3).
  • “Elke woord van God is gelouter; Hy is ‘n skild vir die wat by Hom skuil” (Spreuke 30:5).
  • “Want Ék weet watter gedates Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, hom julle ‘n hoopvolle toekoms te gee. Dan sal julle My aanroep . . . en Ek sal na julle luister. En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart” (Jeremia 29:11-13).

Hou moed deur geloof! Hy sál jou verhoor!