GEEN GEBREK BY DIE HERE NIE

David Wilkerson (1931-2011)

Enige gelowige wat God graag in sy gebedslewe wil behaag, moet eers die volgende vraag uitklaar: “Het God alles wat ek nodig het of moet ek elders vir ‘n antwoord te gaan soek?”

Dit blyk ‘n eenvoudige vraag te wees – miskien een wat nie eers hoef gevra te word nie. Die meeste Christene sal antwoord, “Ja, natuurlik glo ek God het alles wat ek nodig het.” Maar in werklikheid is baie van ons nie oortuig nie! Ons sê ons glo dit, maar dan duik ‘n krisis op en dit lyk of God nie verhoor nie. Tydens sulke tye glo ons dikwels nie dat Hy het wat ons nodig het nie.

Paulus het ons vermaan. “En my God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus” (Filippense 4:19). Die Here het ‘n stoorkamer van oorvloed waarmee elke behoefte aangespreek kan word. En die dienaars van geloof weet dit.

God het veertig jaar lank probeer om Israel te oortuig dat hulle nooit gebrek sou ly nie. Hy het belowe dat Hy hulle konstante bron en voorsiening sou wees. “Want die Here jou God het jou geseën in al die werk van jou hand; Hy ken jou trek deur hierdie groot woestyn; nou veertig jaar lank was die Here jou God met jou; geen ding het jou ontbreek nie” (Deuteronómium 2:7).

God het gesê, “Daar is geen skaarste by My nie. Ek het alles wat jy nodig het. En Ek gee dit vir jou.”

“Want die Here jou God bring jou in goeie land . . . ’n land waarin . . . niks jou sal ontbreek nie . . . en jy sal eet en versadig word” (Deuteronómium 8:7,9-10).

Vandag het die Here ons in die Beloofde Land ingebring: Christus! Jesus is vir ons ‘n woning waar daar nooit enige gebrek is nie. Hy verteenwoordig die volheid van die Godheid liggaamlik.

In die Ou Testament, het gelowiges die shekinah heerlikheid van God gehad. Maar God sê dat Hy iets beters vir ons voorberei het. En dit is die teenwoordigheid van Jesus self. Hy is voortdurend teenwoordig in ons.