Genade vir Ons Sonde
Een keer het ‘n predikantvriend van my na Wyoming gereis om saam met twee van sy vriende op sneeumobiele te gaan ry. Hulle het op ‘n afgeleë plek gaan ry en het dit baie geniet totdat hulle begin besef het dat al hulle bakens buite sig was. Hulle het geen GPS-sein en geen kompas gehad nie.
Dit was nou nie die soort verdwaaldheid waar jy net aanhou dwaal totdat jy een of twee uur later ‘n pad vind nie. Dit was die soort verdwaaldheid waar jy oornag saam opkrul by ‘n sneeumobiel sonder brandstof. Dit was ‘n hulle-stuur-helikopters-om-jou-te-red soort van verdwaal.
Die definisie om te verdwaal, is om nie die pad terug te ken nie. Op daardie stadium het jy ‘n reddingsoektog nodig. Soms vergeet ons dat as ons oor sonde begin praat, praat ons nie net van voor ons gered is en toe ons nog dood was in ons sondes, soos die Bybel dit stel nie. Dit is die vlees waarteen ons almal stry. Dit is die sluipende koue in ons harte, die drif wat ons in die lewe ervaar.
Soms as ons sondig, verval ons in die Ou Verbond-mentaliteit en dink dat God daar is om ons te straf vir ons foute en dat ons moet betaal vir ons eie sondes. Hierdie mentaliteit is gewortel in hoe ons die wet moet onderhou om ons pad terug te verdien tot in die Here se goeie genade. Dit laat vrees ontstaan. “O nee, ek het gestruikel en daarom sal ek nou vloeke en teregwysings beleef. God gaan my nou ‘n ruk op die kantlyn laat sit.”
Dit weerspreek wat die apostel Johannes geskryf het: “As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig” (1 Johannes 1:9).
Ons het ‘n Verlosser nodig en ons sal Hom nooit ophou nodig hê nie.