GOD-AANGERAAKTE DIENAARS

David Wilkerson (1931-2011)

Daniël het getuig, “En kyk, ‘n hand het my aangeraak en my op my knieë en op die handpalms waggelend laat opstaan” (Daniël 10:10). Die woord die “aangeraak” beteken hier “met geweld oorval.” Daniël het eintlik bedoel, “Toe God sy hand op my plaas, het dit my op my aangesig laat val. Sy aanraking het my ‘n dringendheid gegee om te bid en om Hom te soek met alles wat binne-in my is.”

God-aangeraakte dienaars het ‘n intieme verhouding met die Here. Hulle ontvang openbarings vanuit die hemel en geniet ‘n wandel met die Here wat min ander beleef. Wanneer God iemand se lewe aanraak, val daardie persoon dikwels op sy knieë neer en hy word ‘n mens van gebed, gedring om God te soek. Ek het dikwels gewonder hoekom God slegs sekere mense aanraak met hierdie dringendheid. Waarom word sekere dienaars honger soekers na Hom, terwyl ander getroue mense hulle eie pad gaan?

Daniël, ‘n toegewyde dienaar, was deur God aangeraak op ‘n bonatuurlike manier. Daar was baie ander goeie, vroom mense wat die Here gesoek het in Daniël se tyd. Dit het ingesluit Sadrag, Mesag en Abednégo, en tienduisende ander Israeliete wat ook hulle geloof behou het tydens hulle ballingskap in Babel.

So, waarom het God sy hand op Daniël gelê en hom aangeraak soos wat Hy gedoen het? Hoekom was hierdie een man in staat om dinge te sien en te hoor wat niemand anders kon nie? “En ek, Daniël, alleen het die gesig gesien, maar die manne wat saam my was, het die gesig nie gesien nie” (Daniël 10:7). Die visioen wat Daniël gesien het, was Jesus self, helder en duidelik. Trouens, dit was dieselfde visioen wat aan Johannes gegee was op die eiland Patmos (sien Openbaring 1:13-15).

Die Here het Homself op hierdie manier aan Daniël geopenbaar omdat hierdie jongman verteer was met ‘n passie om God se hart te ken. Ook het God besluit dat die tyd aangebreek het om ‘n boodskap te bring aan die verlore mensdom en Hy het ‘n stem nodig gehad om sy boodskap te verkondig.

Vandag soek die Here diegene wat verteer is met Hom ken en sal ween oor die sedelike toestand van ons samelewing – terwyl hulle ook gretig uitsien na Christus se koms.