GOD IS BAIE GEDULDIG

David Wilkerson

Ek is diep geseën deur God se boodskap aan sy volk in Psalm 37. Ek beveel aan dat jy hierdie Psalm lees voor die dag verby is. Dit is een van die rykste, mees bemoedigende gedeeltes in God se Woord. Dit maak nie saak waardeur jy gaan nie, of hoe moeilik jou situasie is nie, hierdie Psalm sal ‘n bron van groot krag en bemoediging vir jou wees.

Psalm 37:7 is van besondere belang vir my in die lig van wat gebeur in die gay gemeenskap. State keur wette goed wat die pad oopmaak vir gay huwelike en honderde homoseksuele het getrou. Ek was so diep bedroef oor hierdie wetteloosheid en bespotting van ware, God-verordineerde huwelike, dat ek uitgeroep het, “O, Here, hulle steel ons land. Hulle bespot U Heilige Woord. Amerika gee nou toe aan ‘n sonde wat nie eens in Sodom en Gomorra se tyd geken is nie. Daar is geen Bybelse rekord van homoseksuele wat in daardie goddelose samelewings getrou het nie.”

Toe het ek Psalm 37:7 gelees: “Wees nie toornig op hom wat voorspoedig in sy weg is nie, op die man wat listig planne uitvoer nie.” Met ander woorde, “Moenie dat dit jou siel ontstel nie. Moenie daaroor opgewerk word nie. God hoor die diep innerlike gesteun van Sy mense, en Hy is baie geduldig.”

Laat geen boosdoener vir een oomblik dink dat God blatante ongehoorsaamheid en bespotting van Sy Woord duld nie. Dwarsdeur die hele Bybel, sien ons dat die Here oordeel stuur wanneer wetteloosheid ‘n samelewing omhul.

Bid vir ons land in hierdie tye. God hoor die gebede van Sy kinders!